Kyk of jý geld gewen het
Kyk of jy gewen het in Woensdag, 30 April 2008 se Lotto-trekking.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Reds word dalk vir die haaie in Durban gevoer
Mar 28 2008 10:24:58:640PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Durban. – Die Sharks sal vanmiddag hier op hul tuisveld die horlosie na verlede jaar se rugbykragmeting in Brisbane met die Reds wil terugdraai.

Die Sharks het die Reds toe met 59-16 geklop nadat hulle hul vorige twee kragmetings met die Brumbies en Force verloor het.

Voor verlede seisoen se wegholoorwinning, kon die Sharks die Reds nog net drie keer in 12 kragmetings oorskadu, maar sedert verlede seisoen het die wiel baie gedraai.

Die Sharks het die Reds die eerste keer in 1998 geklop, maar moes toe tot voorverlede jaar wag voordat hulle die Reds weer verslaan het.

Daar is gewoonlik baie op die spel tussen dié twee spanne, soms om die verkeerde redes.

In 2004 was die telling 6-5 in die Reds se guns in ’n saai wedstryd en in 2005 in Brisbane is Deon Kayser van agter af deur ’n toeskouer platgeloop.

Maar die afgelope twee jaar was die Sharks die Reds se tier en hopelik sal hulle vanmiddag weer die krane oopdraai om hul onoorwonne vertoningslys in vanjaar se reeks te behou.

Die Sharks het verlede week ’n loslootjie gehad en dit kan in hul guns wees, veral omdat hulle aanstaande week die tog Australasië toe aanpak.

“Die ruskans het op die regte tyd plaasgevind,” sê die Sharks se kaptein, Johann Muller.

“Jy kon dit in ons oefeninge agterkom. Die passie was daar, die manne is honger en kan nie wag om te speel nie.

“Ons praat ook nie oor die toer nie. Ons aandag is net op die Reds toegespits en dit was vandeesweek die heel belangrikste. Die toer begin Sondag ná die wedstryd.”

Die Reds is op die kruin van die golf nadat hulle die Bulls twee weke gelede in Brisbane maklik geklop en verlede Saterdag op Ellispark gelykop teen die Lions gespeel het.

Maar die Reds het vanjaar nog net twee oorwinnings behaal en spog met twee ligapunte. Die Sharks is tweede ná hul vyf oorwinning.

Die Reds het gister boonop ’n groot terugslag beleef toe hul kaptein en skrumskakel, Sam Cordingley, hom weens ’n kuitbesering aan die span moes onttrek.

Hy word deur die groentjie Ben Lucas vervang. Die ervare Wallaby-heelagter Chris Latham neem die kapteinskap oor.

Die toestande behoort albei spanne te pas, want koel weer word vir vandag voorspel. Dit kan veral in die Sharks se guns wees, want hulle is vanjaar deur bedompige weer en toe deurdringende reën op Ellispark begroet.

Die spanne is:

Sharks: Stefan Terblanche; Odwa Ndungane, Waylon Murray, Bradley Barritt JP Pietersen; Francois Steyn, Ruan Pienaar; Ryan Kankowski, Jacques Botes, Keegan Daniel, Johann Muller (k), AJ Venter, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, BJ Botha, Albert van den Berg, Steven Sykes, Epi Taione, Rory Kockott, Frederic Michalak.

Reds: Chris Latham (k); Clinton Schifcofske, Morgan Turinui, Berrick Barnes, Peter Hynes; Quade Cooper, Ben Lucas; Leroy Houston, David Croft, John Roe, James Horwill, Van Humphries, Dayna Edwards, Stephen Moore, Greg Holmes. PLAASVERVANGERS: Sean Hardman, Rodney Blake, Ed O’Donoghue, Poutasi Luafutu, Will Genia, Charlie Fetoai, Digby Ioane.

Skeidsregter: Chris Pollock (NS).

Assistent-skeidsregters: Bryce Lawrence (NS) en Jonathan Kaplan (Saru).

Televisieskeidsregter: Shaun Veldsman.

TV: vanaf 16:30 op M-Net, SS 1. – Sharks.co.za


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |