Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Keelvol vir verskonings
Woorde moet vanoggend dade word as die Bulls nie hul derde agtereenvolgende nederlaag op hul Super14-rugbytoer in Australasië wil ly nie. Min mense gee die Bulls ’n kans om die Blues te klop. Maar miskien is dié pessimisme terselfdertyd ook die geelwortel wat Fourie du Preez en sy span nodig het om wakker te skrik. Daar is juis baie verlore aansien op die spel, want die Bulls het selde dié seisoen na ’n kampioenskap gelyk. Teen die Reds was hulle trouens ’n verleentheid. Die Bulls se kamp gee die hele tyd die versekering dat die insinking in hul spel slegs tydelik is en hulle reeds teen die Blues terug op die wenpad kan wees. ’n Mens het dit ook voor die wedstryd teen die Chiefs gehoor, maar daar was te min sprake van die karakter, trots en passie wat so eie aan Bulls- en Blou Bul-rugby geraak het. Kortom, ondersteuners van die Bulls het keelvol vir verskonings en almiskie geraak. Hulle wil onder meer nie langer hoor hoeveel geleenthede die Bulls skep nie, maar hoeveel daarvan in punte omgeskep word. Daarom sal die Bulls vandag moet uithaal en wys. Miskien kan die gedugtheid van die Blues dié keer die beste uit die Bulls haal. Die besoekers sal heimlik hoop dat die spelbreker Pierre Spies se terugkeer die vonk kan wees wat al die ander sterre sal laat ophou taan en ’n slag skitter. Daar moet egter nie te veel van Spies verwag word nie, want die Bulls moet op al die suiers vuur om vinniger as hul huidige slakkepas te begin beweeg. Die spanne is: Blues: George Pisi; Joe Rokocoko, Isaia Toeava, Benson Stanley, Rudi Wulf; Nick Evans, Danny Lee; Jerome Kaino, Daniel Braid, Justin Collins, Troy Flavell (k), Kurtis Haiu, John Afoa, Keven Mealamu, Tony Woodcock. PLAASVERVANGERS: Nick White, Bronson Murray, Anthony Boric, Nick Williams, Taniela Moa, Ben Atiga, David Smith. Bulls: Zane Kirchner; Akona Ndungane, JP Nel, Wynand Olivier, Bryan Habana; Derick Hougaard, Fourie du Preez (k); Pierre Spies, Wikus van Heerden, Pedrie Wannenburg, Danie Rossouw, Bakkies Botha, Rayno Gerber, Derick Kuün, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bandise Maku, Werner Kruger, Wilhelm Steenkamp, Deon Stegmann, Heini Adams, Morné Steyn, Hilton Lobberts. Skeidsregter: James Leckie (Aus). Assistent-skeidsregters: Brett Bowden (Aus) en Josh Noonan (NS). TV-skeidsregter: Ben Skeen (NS). Afskop: 08:35. ) TV: vanaf 08:30 op M-Net, SS 1 en GDN.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|