Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Hougaard skop Waratahs flou op nat Loftus
May 04 2008 05:55:42:673PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Morris Gilbert

’n Mens was versigtig om dit ná die pragsege oor die Highlanders te sê, maar met die Waratahs wat ook eergister op Loftus Versfeld omgedop is, lyk dit oplaas of die Bulls weer ’n goeie nuus-rugbyspan geword het.

Die oorwinning met 16-13 was boonop oor een van die Super14-pasaangeërs, want die Waratahs is selfs ná die glips teen die Bulls tweede op die puntelys.

Albei afrigters het saamgestem dat die reënweer ’n groot gelykmakende faktor was.

Frans Ludeke, die Bulls se afrigter, sê die nat toestande was soos kos vir die sy span. “Ons kon terugval op ’n resep wat jare al vir ons gewerk het: skop en storm.”

Ewen McKenzie, die Waratahs se afrigter, het toegegee dat die Bulls se taktiese skopwerk só klinies was dat sy span bloot te veel moes omdraai.

“Hulle het die reën soveel beter as ’n bongenoot ingespan en was met twee losskakels op die veld beter toegerus vir die skoprugby wat hulle wou speel,” het McKenzie gesê.

Ludeke sê dit was dalk ’n bedekte seën dat die senter JP Nel sy hand in die 16de minuut beseer het, want hy is deur Derick Hougaard vervang.

Morné Steyn het van losskakel na binnesenter verskuif met Wynand Olivier wat Nel se posisie volgestaan het.

Die skepdoele waarmee Steyn en Hougaard geslaag het, was deurslaggewend in ’n wedstryd wat net twee drieë opgelewer het. Hougaard kon homself weer ’n slag uitleef as taktiese genie en het geen genade vir die Waratahs gehad nie. Hy het die druk keer op keer met skitterende lynskoppe verplaas.

Dit het die besoekers se kaptein, Phil Waugh, half moedeloos op die media-konferensie laat opmerk: “Elke keer wanneer dit wou lyk of ons genoeg druk en momentum opbou, het hulle ons met lang skoppe laat omdraai.”

Waugh en McKenzie het egter ook bygevoeg dat hulle genoeg kanse gehad het om te wen.

“Ons het bloot te veel klein foute begaan, soos byvoorbeeld toe ons die kans verspeel het om met 14-0 voor te loop,” het Waugh gesê.

Die Waratahs was reeds oor die doellyn vir hul tweede drie, maar Luke Burgess het die bal ná voortreflike verdediging deur die Bulls-stut Werner Kruger verloor.

Verdediging en taktiese briljantheid was die twee redes waarom die Bulls die eerste keer dié seisoen twee agtereenvolgende oorwinnings behaal het.

Puntemakers:

BULLS 16 (6): Drie: Derick Kuün. Doelskop: Morné Steyn. Strafdoel: Steyn. Skepdoele: Hougaard, Steyn.

WARATAHS 13 (7): Drie: Rob Horne. Doelskop: Kurtley Beale. Strafdoel: Beale. Skepdoel: Beale.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |