Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Sharks sal metamorfose moet ondergaan
May 04 2008 05:55:39:530PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Liam Del Carme

Dit klink dalk na ’n vereenvoudiging, maar die Sharks se onvermoë om af te rond en die afwesigheid van ’n betroubare skopvoet is straks die vernaamste redes waarom hulle nie weer vanjaar die Super14-eindstryd gaan aanbied nie.

Die Sharks het verlede seisoen bo-aan die punteleer geëindig, maar sukkel vanjaar om onder die topvier-spanne te bly.

Oorwinnings met bonuspunte dié naweek oor die Cheetahs en ’n week later oor die Chiefs kan hulle tot die topvier laat opskuif, maar te oordeel aan hul spel in hul laaste paar wedstryde sal hulle ’n metamorfose moet ondergaan om dít reg te kry.

Om bonuspunte in te oes moet hulle hul teenstanders se verdediging aan flarde skeur; iets wat juis een van hul groot gebreke is. Die Sharks het verlede seisoen 41 drieë in die ligafase ingeryg, maar het ná 11 wedstryde vanjaar net 20 gedruk.

Nog ’n verdoemende brokkie statistiek is die feit dat net die Lions minder punte as die Sharks in vanjaar se reeks aangeteken het. Jy vra vir moeilikheid as jy gemiddeld 17 punte per wedstryd aanteken.

Een van die redes daarvoor, is dat die Sharks se stelskoppers anders as verlede jaar nie gereeld genoeg die kol tref nie.

Hoewel hulle meer stelskoppers het as die meeste ander spanne, is net 65 persent van hul skoppe vanjaar in die kol vergeleke met die suksessyfer van 85% wat Percy Montgomery verlede jaar gehandhaaf het.

Daar kan ook nie geredeneer word dat die nuwe proefreëls die Sharks nadelig beïnvloed het nie, want hulle het die reeks met ’n rits oorwinnings begin.

Hulle druk nie hul stempel by die afbreekpunte af nie omdat hulle nie met dieselfde aantal verdedigers as ander spanne dáár meeding nie.

Hul dissipline was ook nie altyd na wens nie.

Om oorwinnings met bonuspunte oor die volgende twee weke te verseker, gaan dus ’n groot ommekeer in die Sharks se benadering en uitvoering verg.

Om dit moontlik te maak, sal hulle aan hul beginspan vir Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs skaaf. As Bismarck du Plessis fiks verklaar word, kan hy weer in Craig Burden se plek haker speel.

Met Ruan Pienaar wat steeds sukkel, sal Francois Steyn weer vir die nommer-10 trui oorweeg moet word. Dít is dalk ’n risiko en nie ’n oplossing oor die lang termyn nie, maar met Frederic Michalak wat beseer is, moet die Sharks hul losskakelspel opknap.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |