Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Ollie le Roux nou ’n Stormer
May 04 2008 06:52:13:193PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell

Kaapstad. – Die voormalige Springbok-stut Ollie le Roux kan vandeesweek by die Stormers se rugbygroep aansluit om hul wankelrige skrum te versterk voor Saterdag se kritieke Super14-wedstryd teen die Waratahs op Nuweland.

Le Roux het Saterdag twee drieë gedruk in die Ierse streekspan Leinster se oorwinning van 41-8 oor die Dragons om die Magnersliga te wen. Betroubare bronne het gesê hy kan môre by die Stormers aansluit.

Dit sal egter sy ervaring in die skrums wees wat die Stormers soek eerder as sy vermoë om op 35-jarige ouderdom nog drieë in te ryg.

Rassie Erasmus, afrigter van die Stormers, het erken hulle het gesukkel in die skrums in Saterdag se oorwinning van 20-10 oor die Brumbies.

“Hulle het ons onder druk geplaas in die skrums. Ons het verwag dit sal een van die makliker fasette wees. Dit was nie stewig genoeg nie,” het Erasmus gesê.

Die Stormers se reserwekrag in die skrums is lelik uitgedun ná ernstige beserings aan die loskopstut JD Moller en die veelsydige Eddie Andrews. Schalk Ferreira het ook pas van ’n ernstige nekbesering herstel en sy wedstrydfiksheid is nog nie op peil nie.

Erasmus moes weens die gebrek aan reserwekrag Saterdag met Brian Mujati in die ongewone posisie van loskopstut begin.

Die enigste ander keuses tot sy beskikking is onervare spelers soos Wicus Blaauw en Janro van Niekerk.

Wylie Human se goeie verdediging op vleuel Saterdag het weer die waarde van ervaring op Super14-vlak onderstreep.

Baie min mense het verwag Hu-man sal gekies word, maar hy het nie ’n voet verkeerd gesit in sy buiging vir die Stormers nie, en hulle eintlik by twee geleenthede uit die pekel gered.

Die voormalige All Black-losskakel Tony Brown lewer ook waardevolle insette en het Saterdag weer as plaasvervanger opgekom.

Daar kan van Le Roux verwag word om dieselfde soort rol te vertolk.

Hy het reeds in 1993 sy buiging vir die Vrystaat gemaak en het al in uitspeelwedstryde vir die Sharks gespeel. Boonop het hy ervaring van toetsrugby.

Erasmus het grotendeels ook die groep spelers tot sy beskikking het, geërf.

Dit is seker ook een van die redes waarom hy ervare spelers nader trek om gate toe te stop.

Die Stormers is ná Saterdag se oorwinning oor die Brumbies vierde op die puntelys en in ’n goeie posisie om ’n halfeindstryd te haal.

Dié naweek se wedstryd teen die Waratahs kan deurslaggewend wees en die Stormers kan selfs nog tuis in ’n halfeindstryd speel as die dobbelstene reg val.

Die druk is egter nou op hulle en daarom sal dit geen verrassing wees as die deurwinterde Le Roux vandeesweek nader getrek word nie.

Hy sal nie net die Stormers se skrum verstewig nie, maar ervaring byvoeg op ’n kritieke tyd, want baie min van die huidige groep Stormers was al voorheen in ’n span wat só ’n gunstige posisie op die puntelys bekeel.

Die vraag is nou of hulle die druk sal kan hanteer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |