Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Adrian se kans om van begin af te woel
May 08 2008 08:45:24:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hy moet help om die Sharks se drieë-droogte te breek. Adrian Jacobs, woelige Bok-senter van die Sharks wat Jaco van Schalkwyk van die Lions probeer afskud, is die eerste keer vanjaar in die beginspan. Foto: Nardus Engelbrecht
Liam Del Carme


Adrian Jacobs is die eerste keer dié seisoen in die Sharks se beginspan, Bismarck du Plessis is terug op haker en soos verwag skud Johan Ackermann môre teen die Cheetahs die spinnerakke af.

Jacobs se insluiting op buitesenter in môre se belangrike Super14-wedstryd in die plek van Waylon Murray, sê baie van die Sharks se voorneme vir dié derbystryd.

Die Sharks moet wen en ten minste vier drieë druk om hul aanspraak in vanjaar se reeks in die waaksaal aan die lewe te hou.

Jacobs word deur die span se afrigter, Dick Muir, as uitsluitlik ’n impakspeler beskou en is vanjaar maar spaarsaam gebruik.

Dié veelsydige Springbok se knap balverspreiding en vermoë om uit verdedigers se kloue te bly, word nou as karaktertrekke erken wat die Sharks dalk ’n plek in die halfeindstryd kan besorg.

Waar Murray reguit hardloop in die hoop dat sy momentum hom oor die voordeellyn sal kry, soek Jacobs die gaping waarby dié om hom baat vind.

Om egter van Jacobs te verwag om skielik die vonk in die Sharks se agterlyn te verskaf, is dalk te veel gevra.

As Jacobs wel vlamvat en met Ruan Pienaar en Frans Steyn onderskeidelik op losskakel en binnesenter, kan die Cheetahs se verdediging weer op die proef gestel word.

Daar is verskeie agterspelers wat die Sharks ’n groot vertoning skuld en daar kan nie langer as Saterdag gewag word om dit te lewer nie.

Voorlangs is die terugkeer van Du Plessis ’n groot hupstoot, maar die verlies van Johann Muller ’n knou. Muller moes die stryd om betyds van sy kuitspier-besering te herstel, gewonne gee.

Ackermann mag dalk nie heeltemal wedstrydsfiks wees nie, maar sy ervaring sal vir iets tel voordat hy na verwagting in die tweede helfte vir Steven Sykes sal moet plek maak.

AJ Venter neem in Muller se plek as kaptein waar in ’n pak wat fisiek nie vir die besoekers hoef terug te staan nie. Die Sharks het boonop weer vyf voorspelers onder hul plaasvervangers gekies, met Jean Deysel en Keegan Daniel wat verskillende keuses as impak-losvoorspeler bied.

Muir wil dinge nie ver vooruitloop nie. Hy wil eers net ’n beter vertoning as teen die Crusaders sien.

Met binne-agterspelers wat begaafde baldraers is, sal dit krimineel wees om hulle nie van goeie besit te voorsien nie.

Die span is:

Stefan Terblanche; Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Francois Steyn, JP Pietersen; Ruan Pienaar, Rory Kockott; Ryan Kankowski, AJ Venter (kaptein), Jacques Botes; Johan Ackermann, Albert van den Berg; Brendon Botha, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Jannie du Plessis, Steven Sykes, Jean Deysel, Keegan Daniel, Bradley Barritt, Waylon Murray.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |