In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Springbokke het nog nie ’n bestuurder
May 09 2008 10:05:52:217PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hennie Brandt


Dick Muir en Gary Gold is gister amptelik aangewys as Peter de Villiers se hulpafrigters vir die Springbok-rugbyspan, maar geen spanbestuurder is aangestel nie.

Muir, afrigter van die Sharks se Super14-span en Gold, ’n hulpafrigter van die Stormers, se aanstellings is geen verassing nie. Die komitee wat belas is met die nuwe Springbok-afrigter se ondersteuningspan, het al vroeër op dié twee besluit. Gold het sy kontrak al vroeër onderteken. In Muir se geval is daar net gewag vir hom om saam met die Sharks van hul Australasiese Super14-toer af terug te keer om sy kontrak te onderteken.

In gister se verklaring van SA Rugby, waarin Muir en Gold se aanstellings amptelik bekend gemaak is, is daar egter geen woord gerep oor wie Zola Yeye as Bok-spanbestuurder sal opvolg nie.

Verlede maand is daar na Liston Ntshongwana as die sterk buiteperd verwys om Yeye op te volg. Dit het gevolg nadat prof. Jannie Ferreira en sy komitee, wat belas is met die aanstelling van die Bok-ondersteuning?span, in Kaapstad met Ntshongwana oor die spanbestuurderspos gesels het.

Yeye en twee vorige spanbestuurder, Gideon Sam en Arthob Petersen, was ook aanvanklik in die prentjie. Yeye en Sam het hulle egter later onttrek.

Ntshongwana het Ferreira sedert die vergadering in Kaapstad gebel en gesê hy is “weens persoonlike redes” nie meer vir die spanbestuurderspos beskikbaar nie. Dié pos is van nou af ’n seremoniële een.

Ferreira wou hom nie uitlaat oor wat Ntshongwana se “persoonlike redes” is nie.

Dit het waarskynlik baie te doen met die beweerde talle ongerymdhede waarby hy vroeër in sy loopbaan betrokke was.

Ferreira het gister gesê die komitee het besluit om die rol te verander wat die Bok-spanbestuurder in die toekoms moet vertolk. “Dit sal nou meer van ’n seremoniële pos wees.

“Omdat die Bok-ondersteuningspanne so groot is (in Jake White se geval was daar 18) kan daar baie oorvleueling wees. Dit kan tot moontlike konflik aanleiding gee,” het Ferreira gesê.

Hiermee het hy en sy komitee die spyker op die kop geslaan, want daar was konflik en botsings tussen White en Yeye toe Yeye spanbestuurder was.

“In die toekoms sal die spanbestuurder nie deel van die Bokke se bestuurspan wees nie. Hy sal hom ook eers voor ’n wedstryd by die span aansluit.

“Omdat dit nie dringend is om dié pos te vul nie, het ons besluit om eers daarmee te wag. Dit kan ook gebeur dat daar verskillende spanbestuurders kan wees. Daar kan een wees vir die span wat in Suid-Afrika teen ’n toerspan speel, ’n ander een vir die Drienasies-reeks en dan ’n ander een vir die Bok-toer aan die einde van die jaar.”

Die Bokke se bestuurspan is:

Afrigter: Peter de Villiers. Hulpadrigters: Dick Muir en Gary Gold. Tegniese ontleder: Peter Maimane. Logistieke bestuurder: Charles Wessels. Spandokter: Craig Roberts. Fisioterapeut: René Lombard. Kondisioneringsafrigter: Neels Liebel. Bagasiemeester: Philip Malakoane. Kommunikasie-bestuurder: Chris Hewitt.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |