Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Lions wil nie houtlepel hê
May 09 2008 10:05:50:873PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hennie Brandt


Die Lions het nog nie die wit vlag gehys nie en glo hulle kan in hul laaste twee Super14-rugbywedstryde daarin slaag om die houtlepel aan ’n ander span af te staan.

Cobus Grobbelaar en sy trop se sending om nie laaste op die puntelys te eindig nie, begin vanmiddag op Ellispark teen die Chiefs.

Aanstaande Saterdag sluit hulle die reeks weer in hul eie lêplek af met die wedstryd teen die Stormers.

Die Lions het die reeks goed afgeskop deur in Februarie hul eerste wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein te wen. Sedertdien het daar baie water in die see geloop met tien agtereenvolgende nederlae. Al wat die manne en rooi en wit vir hul moeite kan wys, is agt skamele punte.

Grobbelaar is net soos sy spanmaats nog nie bereid om die handdoek in te gooi nie. Hy glo die Lions kan uit die laaste plek kom.

“Ons het beslis ’n kans om nie laaste en met die houtlepel te eindig nie. Daar is nog hoop en die ouens kan dit doen. Die deur is darem nog so ’n klein bietjie oop vir ons. Nou moet ons dit uitskop,” het hy gesê.

Die Leeus is terug in hul eie lêplek ná hul teleurstellende toer van vyf nederlae in Australasië.

“Dit was geen goeie en lekker toer as jy kyk na wat op die veld gebeur het nie. Ons moes daardie eerste wedstryd teen die Highlanders gewen het. In drie van die ander wedstryde het ons goed in die eerste helfte gespeel, maar swak spel in die tweede helfte gelewer. Ek skryf dit toe aan ’n gebrek aan ervaring,” sê Grobbelaar.

Hy besef wat vandag op hom en sy spanmaats wag. Die Chiefs onder aanvoering van die All Black-heelagter Mils Muliaina, kan hul aanspraak om in die halfeindstryd te speel, verstewig as hulle Ellispark met ’n voltal van vyf punte verlaat.

“Hulle sal alles doen om in die halfeindstryd te speel. Ek is seker hulle dink hulle kan nie teen ons verloor nie en beskou ons as ’n span teen wie hulle vyf punte kan kry. Daarby het hulle in sekere individue ongelooflike spelers.

Die spanne is:

Lions: Earl Rose; Louis Ludik, Jaque Fourie, Walter Venter, Ryno Benjamin; Jaco van Schalkwyk, Jano Vermaak; Willem Alberts, Joe van Niekerk, Cobus Grobbelaar (k), Gerhard Mostert, Dewald Senekal, JC Janse van Rensburg, Willie Wepener, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, Ross Geldenhuys, Franco van der Merwe, Wilhelm Koch, Chris Jonck, Jannie Boshoff, Dusty Noble.

Chiefs: Mils Muliaina (k); Lelia Masaga, Dwayne Sweeney, Callum Bruce, Sitiveni Sivivatu; Stephen Donald, Jamie Nutbrown; Sione Lauaki, Tanerau Latimer, Liam Messam, Kevin O’Neill, Tony Lynn, Ben Castle, Tom Willis, Ben May. PLAASVERVANGERS: Aled de Malmanche, Simon Lemalu, Jono Gibbes, Faifili Levave, Davin Bason, Viliame Waqaseduadua, Sosene Anesi.

Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus). Assistent-skeidsregters: Brett Bowden (Aus), Deon van Blommestein (SA). TV-skeidsregter: Johan Meuwesen (SA).

Afskop: 17:05.

) TV: M-Net, SS 1.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |