Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Drienasies: watter reels geld?
May 09 2008 10:05:43:813PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell


Kaapstad. – Daar heers steeds onsekerheid oor watter stel reëls in vanjaar se Drienasies-reeks sal geld.

Die Suid-Afrikaanse Rugby?unie (Saru) het gister aangekondig dat dieselfde proefreëls wat vanaf 1 Augustus wêreldwyd geld, vanaf Junie in sy plaaslike reekse gebruik sal word.

“Daar moet nog besluit word watter reëls in die Drienasiesreeks gebruik sal word,” het Saru in’n verklaring gesê.

Saru se president, Oregan Hoskins, het onlangs gesê daar is in beginsel besluit dieselfde reëls wat in die Super14-reeks gebruik is, sal ook in die Drienasies-reeks geld.

Daar is egter nou onsekerheid, en blykbaar uiteenlopende standpunte onder Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië.

Die gebruik van die nuwe reëls van Junie af, kan ’n einde maak aan die vloedgolf van vryskoppe wat baie ondersteuners die harnas injaag.

Nietemin wil Saru die Internasionale Rugbyraad vir ’n vergunning vra om aan te hou met vryskoppe as ’n bal onspeelbaar raak, en ook die toekenning van vry- eerder as strafskoppe vir oortredings anders as onkant- of vuilspel.

Baie meer ontstellend is al die verskillende stelle reëls.

Dit is besig om spelers, skeidsregters, ondersteuners en afrigters deurmekaar te maak.

Tot op hede vanjaar is reekse in die Noordelike Halfrond onder die ou reëls gespeel.

In die Suidelike Halfrond is daar van proefreëls in die Super14-reeks gebruik gemaak.

’n Uitgebreide stel is op laer vlakke in Suid-Afrika gebruik.

Nou sal almal moet aanpas by die reëls wat vanaf 1 Augustus wêreldwyd sal geld, met die moontlikheid van ’n spesiale vergunning in Suid-Afrika.

Die Springbokke speel volgende maand in twee toetse teen Wallis en een teen Italië onder die ou reëls, en wag in spanning om te hoor watter reëls in die Drienasies sal geld.

In Brittanje is daar groot teenkanting teen die proefreëls, maar die owerhede daar moet dit van 1 Augustus af gebruik.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |