Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hurricanes waai Force weg in Wellington
Wellington. – Die Hurricanes het op koers gebly in die Super14-reeks deur die Western Force gister hier in die Westpac-stadion in gietende reën met 21-10 te klop. Met dié sege het die Hurricanes die halfeindronde gehaal en die Force se skrale hoop beëindig. Hoewel die puntelys vandag gaan verander, is die Hurricanes nou tweede met 40 ligapunte. Die Nieu-Seelanders kon weliswaar nie ’n bonuspunt vir vier of meer drieë behaal nie, veral aangesien die weersomstandighede aanvallende spel baie bemoeilik het. ’n Sege met ’n bonuspunt sou waarskynlik aan die Hurricanes ’n halfeindstryd op hul tuisveld besorg het. Maar hulle moes hul opwindende speelstyl wegbêre en eerder die Force oorheers met hul voorspelerspel. Die Force het nietemin uitstekend verdedig en selfs al het die Hurricanes 80 persent gebiedsvoordeel geniet, het die Hurricanes-vleuel Hosea Gear eers in die 64ste minuut sy span se tweede drie gedruk. Andrew Hore het reeds in die 11de minuut die eerste drie gedruk. Die tuisspan het in die Force se halfgebied geboer, maar sy herhaalde aanvalle is telkens gestuit. Gear se drie het nietemin die uitslag bo alle twyfel geplaas. Die Force het min kans gekry om aan te val, maar kon wel ’n troosdrie in die 75ste minuut druk. Cameron Shepherd het die bal vorentoe geskop en dit in die doelgebied toegeval. Puntemakers: HURRICANES 21 (10): Drieë: Andrew Hore, Hosea Gear. Doelskop: Piri Weepu. Strafdoele: Weepu (3). WESTERN FORCE 10 (3): Drie: Cameron Shepherd. Doelskop: Matt Giteau. Strafdoel: Giteau. ) Intussen het die Crusaders se kaptein Richie McCaw sy Crusaders-span gewaarsku om nie te laat slaplê vir vandag se kragmeting in Christchurch met die Reds nie. “Onthou wat verlede jaar gebeur het,” het McCaw op Radio Sport in Nieu-Seeland gesê. “Ons moes verlede jaar in ons laaste twee kragmetings momentum opbou, maar dit het nie gebeur en toe moes ons weg van die huis af in die halfeindstryd speel,” het McCaw gesê. Die Crusaders het in hul laaste twee wedstryde teen die Brumbies en Chiefs verloor en is toe met 27-12 deur die Bulls op Loftus Versfeld in die een halfeindstryd uitgeskakel. Die Crusaders (47 punte) is reeds seker van ’n tuis-halfeindstryd in vanjaar se reeks nadat hulle verlede Vrydag die Sharks met 18-10 geklop het. Daarteenoor het die Reds (16) met 22-35 teen die Blues vasgeval. “Om die een of ander rede is dit nooit maklik om die Reds (in Christchurch) te klop nie,” sê McCaw. Die All Black-losskakel Dan Carter is ná sy besering weer in die Crusaders-groep en die Wallaby-heelagter Chris Latham speel ná sy besering vir die Reds. ) In Dunedin kry die Blues straks hul laaste kans om in die wedloop vir ’n plek in halfeindronde te bly wanneer hulle met die Highlanders kragte meet. Die Blues (31) moet ’n voltal punte behaal om hul aanspraak lewendig te hou. – Sapa-AFP
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|