Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Peter kan verras met sy Bok-span
Port Elizabeth. – “Verwag ’n paar verrassings in die Springbokke se oefengroep,” het Peter de Villiers, die afrigter van dié rugbyspan, gesê. De Villiers, wat op ’n blitsbesoek aan die Baai was, kondig sy groep van 45 spelers vir die Bokke se oefenkamp aanstaande Saterdag aan. “Ek is seker daar sal mense wees wat verras sal wees deur ’n paar van my keuses. Net soos hulle verras gaan wees deur die span wat ek gaan kies vir die eerste toets teen Wallis,” het De Villiers gister gesê. Dié afrigter wou nie uitbrei oor moontlike verrassings nie, maar het gesê dit sal vir hom maklik wees om ’n span te kies. “Daar is heelwat spelers wat goed op dreef is. Van die top-spelers soos Schalk Burger is of was wel beseer en ’n mens moet dit in ag neem,” het hy gesê. “Een ding wat ek wel soek, is spesialiste. Ek wil nie spelers uit posisie kies nie.” De Villiers het gesê dat die 11 spelers wat Springbok-kontrakte het nie noodwendig van ’n plek in sy groep verseker is nie. Die 11 is Burger, Bakkies Botha, Jean de Villiers, Jaque Fourie, Bryan Habana, Ruan Pienaar, JP Pietersen, Juan Smith, Pierre Spies, Frans Steyn en CJ van der Linde. “SA Rugby het dié spelers gekontrakteer en hoewel ek dié lys vooraf gesien het, het ek nie gehelp om dit saam te stel nie,” het De Villiers bygevoeg. “Dit hang van daardie spelers se peil af of hulle gekies sal word. Een of twee word dalk nie gekies nie.” Oor plaaslike spelers wat groener weivelde oorsee soek, was De Villiers filosofies. “Hulle het hul beddens opgemaak en moet nou daarop slaap. Ek sal vanjaar dalk nog ’n paar spelers kies wat oorsee speel, maar volgende jaar kan ’n ander storie wees.” Hy sê die haker John Smit is die één speler vir wie hy op die oomblik wel agteroor sal buig. “Dit sal dom wees om hom nie te gebruik nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|