Super14-bepalings en -uitslae
Die bepalings, uitslae en puntestand vir 2008 se Super14-rugbyreeks.
Klik hier vir al die spanne en hul kleure.
Hier is die nuwe Super14-reëls.
Beeld
Nuwe snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Sharks se doppie kan deur die Cheetahs geklink word
May 09 2008 10:05:34:563PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ryan Kankowski in aksie teen die Highlanders.Foto: Gallo Images
Liam Del Carme


Dagbreek en selfs die eerste paar flou strale in vanjaar se Super14-reeks het vir die Sharks groot belofte ingehou, maar ná ’n rits swak vertonings kan dit sommer al vandag nag vir die Durbaniete se kanse in dié reeks wees.

Die sondes wat hulle teen die Brumbies, die Waratahs en die Crusaders op toer gepleeg het, is besig om by hulle te spook en Dick Muir se rugbyspan moet amper ’n gedaanteverwisseling ondergaan om hom weer onder die topvier-spanne te laat geld.

Die Sharks het egter nog ’n kans om die halfeindstryd te haal, maar dan sal hulle die Cheetahs vandag en die Chiefs volgende Saterdag disnis moet hardloop.

Maar die neem van risiko’s was nie juis vanjaar deel van die Sharks se planne nie en hulle sal hulle tot in ’n groot mate tot die aanval moet wend as hulle met die gewenste eindpoging vorendag wil kom.

Muir stoot vandag ’n span in die veld wat hom op die oog af op die aanval kan laat geld.

Dit is veral agterlangs waar die samestelling van die Sharks se middelveld-kombinasie die mond laat water. Die middelveld-driemanskap wat uit Ruan Pienaar, Frans Steyn en Adrian Jacobs bestaan, kan bepaal of die Sharks hul besit tot die afgeronde produk kan omskep.

Die probleem is egter dat nie een van dié drie vanjaar hul stempel afgedruk het nie. In die geval van die eerste twee kan hul posisionele rondspringery as versagtende omstandighede gebruik word, terwyl Jacobs sy gebrek aan speelkans as verweer kan voorhou.

Jacobs kan egter net tot sy reg kom as Pienaar en Steyn vandag met hul beste vertonings van die reeks vorendag kom.

Dit is nie net hul spel met die bal onder die arm wat moet beïndruk nie, maar daar sal ook van hulle verwag word om hard en laag op die verdediging te vat.

Die Cheetahs het hulself as Suid-Afrika se driedruk-masjien in die reeks onderskei en die Sharks sal raak moet vat, of selfs beter, hulle van goeie besit moet weerhou as hulle die besoekers in toom wil hou.

Die gestoei om besit gaan hom uitwoed teen die agtergrond van Springbok-aspirasies en die stryd wat onmiddellik opval is dié een tussen die agtstemanne.

Ryan Kankowski het hom in die reeks as die beste baldraer van agter die skrum af onderskei, maar Duanne Vermeulen het ook sy merk op die Cheetahs se teenstanders gelaat.

Waar Vermeulen met brute krag oor die voordeellyn beur, het Kankowski ook die vermoë om in gapings te hol en teenstanders af te stamp.

Dit is juis dié karaktertrekke wat die Sharks se aanslag vir nog ’n week aan die gang kan hou, maar van hul beloftes het daar vanjaar nog min gekom.

Die spanne is:

Sharks: Stefan Terblanche; Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Francois Steyn, JP Pietersen; Ruan Pienaar, Rory Kockott; Ryan Kankowski, AJ Venter (kaptein), Jacques Botes; Johan Ackermann, Albert van den Berg; Brendon Botha, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Jannie du Plessis, Steven Sykes, Jean Deysel, Keegan Daniel, Bradley Barritt, Waylon Murray.

Cheetahs: Hennie Daniller; Eddie Fredericks, JW Jonker, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Conrad Barnard, Falie Oelschig; Duanne Vermeulen, Juan Smith (kaptein), Heinrich Brussow; Barend Pieterse, Rory Duncan; CJ van der Linde, Adriaan Strauss, Wian du Preez.

PLAASVERVANGERS: Richardt Strauss, Bees Roux, David de Villiers, Hendro Scholtz; Tewis de Bruyn, Bevin Fortuin, Hendrik Meyer.

Skeidsregter: Willie Roos.

Assistent-skeidsregters: JC Fortuin, Pro Legoete.

Afskop: 15.00. TV: M-Net, SS 1.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |