In volle vaart - sonder perke
Daar is miljoene mense wat nie take kan voltooi of instruksies kan uitvoer nie, heeldag dagdroom of aan die gang is, maar niks gedoen kry nie.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Baie op spel vir Stormers en die Waratahs
May 09 2008 10:05:32:610PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell


Kaapstad. – Die Stormers se plan vir vanaand se Super14-rugbywedstryd teen die Waratahs bly dieselfde, ongeag die feit dat die Hurricanes gister die tweede plek ingeneem het met hul oorwinning oor die Force.

Die Hurricanes is ná gister se sege van 21-10 tweede op die puntelys, wat die belangrikheid van die wedstryd tussen die Waratahs (derde) en die Stormers (vierde) onderstreep.

“Dis beslis nie ’n verrassing dat die Hurricanes gewen het nie. Baie mense het eintlik verwag hulle sal ’n bonuspunt kry.

“Ons sal niks anders doen as wat ons aanvanklik beplan het nie,” het die Stormers se voorspeler-afrigter, Gary Gold, gister gesê.

“Ons prioriteit bly om ’n goeie vertoning te lewer, wat hopelik op ’n oorwinning sal uitloop. Dit sal gevaarlik wees as ons toelaat dat enige ander uitslag ons beïnvloed.”

Daar is vir die Stormers én die Waratahs ontsettend baie op die spel.

Albei veg om hul hoop op ’n moontlike tuis-halfeindstryd lewendig te hou.

Tweedens kan dit vir die Stormers moeilik wees om die halfeindronde te haal as hulle die onderspit delf.

Baie sal afhang van wat in vandag se wedstryde gebeur, maar ’n mens moet verwag die Sharks en Chiefs sal onderskeidelik met die Cheetahs en Lions afreken.

In dié stadium het die Stormers nog beheer oor die paadjie wat hulle kan stap. Volgende week sal hulle die oorweldigende gunsteling wees om die Lions op Ellispark te klop, terwyl die Hurricanes ’n moeilike stryd teen die Blues in Auckland het.

As die Stormers vandag wen, is daar dus ’n redelike kans dat dit nié hul laaste wedstryd van die seisoen op Nuweland sal wees nie.

Daar kan dus ’n uitklopwedstryd-atmosfeer op Nuweland heers, en met ’n kans van 60% op reën, moet ’n mens seker net hoop vir die oorwinning eerder as om te begin droom oor ’n bonuspunt vir vier drieë.

Die Waratahs se afrigter, Ewen McKenzie, het vandeesweek gesê hy verwag die wedstryd sal by die afbreekpunte gewen word.

Hy het ’n fisieke span gekies en dit gaan vir die Stormers ’n groot toets wees.

“Ek dink die Waratahs se pak is die beste van al die Australiese spanne,” het Gold gewaarsku.

“Ons verwag hulle wil ons fisiek aanvat.

“Miskien dink hulle dis steeds ons swakpunt.”

Die Stormers wil aanhou om aanskoulike rugby te speel.

Nietemin kan dit takties interessant raak as die Stormers die Waratahs met ’n skop of twee toets.

Die spanne:

Stormers: Conrad Jantjes; Wylie Human, Gcobani Bobo, Jean de Villiers (k), Sireli Naqelevuki; Peter Grant, Ricky Januarie; Robbie Diack, Francois Louw, Luke Watson, Andries Bekker, Adriaan Fondse, Brock Harris, Schalk Brits, Brian Mujati. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, Schalk Ferreira, Ross Skeate, Pieter Myburgh, Bolla Conradie, Tony Brown, Dylan des Fountain.

Waratahs: Lote Tuqiri; Lachie Turner, Rob Horne, Tom Carter, Matt Carraro; Kurtley Beale, Luke Burgess; Wycliff Palu, Phil Waugh (k), Rocky Elsom, Dan Vickerman, Dean Mumm, Al Baxter, Tatafu Polota-Nau, Benn Robinson. PLAASVERVANGERS: Adam Freier, Sekope Kepu, Will Caldwell, David Lyons, Brett Sheehan, Sam Norton-Knight, Timana Tahu.

Skeidsregter: Lyndon Bray (NS).

Assistent-skeidsregters: Brent Murray (NS) en Christie du Preez (SA).

Afskop: 19:10.

TV: M-Net, SS 1.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |