Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Brumbies segeloos in SA
Die Super14-rugbyspan van die Bulls het gisteraand op Loftus Versfeld met sy eerste mooi “driekuns” van die seisoen seker gemaak dat die Brumbies vandag stert tussen die bene terugkeer huis toe. Die Bulls het die Australiërs met 28-17 geklop nadat hulle rustyd met 18-10 voorgeloop het. Dit was ’n gepaste manier om op Loftus van die 2008-seisoen afskeid te neem. Die Bulls se vertoningslys op hul tuisveld lees darem nou sewe gespeel, vier gewen, drie verloor. In alle billikheid teenoor die besoekers het dit nooit gelyk of hulle kon wen nie. Hulle het bloot te veel foute begaan en dikwels planloos voorgekom. Die Bulls se verdediging het ’n reuse-rol in die Brumbies se kleitrappery gespeel. Dit was uitmuntend en veral deurslaggewend toe die Bulls net 14 spelers op die veld gehad het. Die enigste stukkie berou wat die Bulls sal hê, is dat hulle nie ’n vierde drie vir slegs hul tweede voltal van die seisoen gedruk het. Hulle het genoeg geleenthede gehad om dit te doen, veral in die laaste tien minute toe hulle op die besoekers se doellyn geboer het. Die Bulls was uiteindelik die oorwinnaars omdat hulle met meer dringendheid gespeel het en takties ook die beste daaraan toe was. Die tuisspan se eerste en derde drie was albei juweeltjies nadat dit deur doelgerigte spel van die senterpaar, JP Nel en Wynand Olivier, voorafgegaan is. Die Bulls moes in die eerste helfte twee keer met 14 spelers klaarkom omdat geel kaarte deur die Nieu-Seelandse skeidsregter, Steve Walsh, aan eers Zane Kirchner (heelagter) en toe Derick Kuün (haker) gewys is. Kirchner se geel kaart in 20ste minuut was vir ’n vir boorvat. Hy is vroeër dié seisoen in die wedstryd teen die Lions vir ’n soortgelyke oortreding afgestuur en geskors, wat tot gevolg gehad het dat hy nie in die Bulls se eerste twee toerwedstryde kon speel nie. Kirchner was net terug op die veld toe Kuün vir ’n “siniese” oortreding voor sy eie pale koelkas toe gestuur is. Soos Kuün egter weer gisteraand ingeklim het, kan ’n mens dié oortreding aan sy onblusbare werkverrigting eerder as enige opsetlikheid toeskryf. Gelukkig vir die Bulle het hul kaartoortredings nie ’n negatiewe weerklank op die telbord gehad nie. Die tuisspan het trouens in die 20 minute dat hy uitgedun was, die enigste punte met Morné Steyn se tweede strafdoel behaal. ) Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het gister bekend gemaak dat Dental Information Systems (Denis) deels daarvoor verantwoordelik was dat die Springbokslot Victor Matfield terugkeer Suid-Afrika toe. Volgens dié mediavrystelling sal Matfield en Denis voortaan “saamwerk”. Dit sal onder meer behels dat Matfield hom met Denis se wye reeks produkte vereenselwig. Sy vrou, Monja, gooi ook haar gewig by Denis in. Sy is ’n tandarts. Puntemakers: BULLS 28 (18): Drieë: JP Nel, Wikus van Heerden, Wynand Olivier. Doelskoppe: Morné Steyn (2). Strafdoele: Steyn (3). BRUMBIES 17 (10): Drieë: Alister Campbell, Peter Kimlin. Doelskoppe: Stirling Mortlock (2). Strafdoel: Mortlock.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|