Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Carter red Crusaders van rooi gesigte
Brisbane. – Die All Black-losskakel Daniel Carter het ’n tydige terugkeer ná sy besering gemaak om die Crusaders te help om die Reds Saterdag hier met 27-21 te klop in ’n Super14-rugbywedstryd. Carter het eers met ’n doelskop van die kantlyn af geslaag en daarna in die laaste minute ’n drie gedruk. Met Carter, wat eers in die tweede helfte opgestuur is, het die Crusaders 19 punte aangeteken nadat hulle met 8-21 agter was. Carter is opgestuur in die 12de minuut van die tweede helfte. Die Crusaders se afrigter, Robbie Deans, het sy troewe gespeel deur Carter en drie ander plaasvervangers met 97 toetse tussen hulle, op te stuur. Met rustyd was die Crusaders, wat maklik in die eerste plek op die punteleer geëindig, nog met 14-8 agter. Kade Poki het vroeg gedruk vir die besoekers, voordat Queensland se kaptein, James Horwill, die tuisspan se eerste drie in die 12de minuut gedruk het. Die vleuel Peter Hynes het die Queenslanders se tweede drie gedruk. Tot laat in die tweede helfte was die tuisspan nog gerieflik voor, maar nadat twee spelers deur die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Mark Lawrence, koelkas toe gestuur is, het die gate in die moedige Queenslanders se verdediging verskyn. Drieë deur Stephen Brett, Kieran Reid en Carter het die oorwinning vir die Crusaders verseker. “Dit was moeilik om te sluk, maar ek is baie trots op my span. Hulle het regtig hard geveg,” het die Reds se afrigter, Phil Mooney, gesê. Puntemakers: CRUSADERS 27 (8): Drieë: Kade Poki, Kieran Read, Ali Williams, Daniel Carter. Doelskoppe: Carter (twee). Strafdoel: Stephen Brett. REDS 21 (14): Drieë: James Horwill, Peter Hynes en Quade Cooper. Doelskoppe: Clinton Schifcofske. ) In Dunedin het die Blues se heelagter, Nick Evans, 23 punte, insluitende twee drieë, behaal in die Blues se sege met 40-15 oor die Highlanders. Evans, die All Black-losskakel, wat verlede week deur die Londense klub Harlequins gekontrakteer is, het die Blues se eerste 21 punte aangeteken. Puntemakers: BLUES 40 (26): Drieë: Nick Evans (2), Rudi Wulf, Anthony Tuitivake, David Smith. Doelskoppe: Evans (2), Ben Atiga. Strafdoele: Evans (3). HIGHLANDERS 15 (3): Drieë: Aaron Bancroft en Adam Thompson. Doelskop: Mike Delany. Strafdoel: Delany. – Sapa-AP
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|