Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lions pronk teen Chiefs
Chris Jonck het die afrigter van die Lions, Eugene Eloff, ’n lekker kopseer gegee met die uithaler-skrumskakelspel wat hy Saterdagmiddag op Ellispark in die Lions se sege van 33-27 oor Chiefs in die Super14-rugbyreeks gelewer het. Dié 27-jarige Jonck is Saterdagoggend op die nippertjie in die beginspan ingesluit nadat die Jano Vermaak weens griep aan die span onttrek is. Straatkat van Zyl het Jonck op die plaasvervangersbank vervang. Jonck, een van die talle Super14-groentjies in die Lions-span, was so tuis soos ’n vis in die water. Hy het ’n vyfster-vertoning gelewer met afgeronde skrumskakelspel, die regte besluitneming, goeie ondersteuning en taktiese skopwerk. Sy goeie aanvoeling het hom gehelp om die eerste van die Lions se drie drieë te druk nadat die agtsteman, Willem Alberts, van ’n skrum af weggebreek en oor ’n paar verdedigers gehardloop het. Eloff en Wimpie Vermeulen, agterlyn-afrigter, sal ná Jonck se spel teen die Chiefs dit nie kan bekostig om hom uit die beginspan te laat vir Saterdag se wedstryd teen die Strormers op Ellispark nie. Vermaak kan die plaasvervanger-skrumskakel wees. “Ek is Vrydagaand aangesê om my reg te kry om dalk te speel. Saterdagoggend het is daar amptelik gesê ek moet teen die Chiefs opdraf omdat Jano siek is. “Ek het dit geniet. Al wat ek wou doen, was om te speel en ek het dié kans gebruik. Ons het niks gehad om te verloor nie,” het Jonck gesê. Die Lions, wat met rustyd met 17-13 was, het met dié sege ’n einde aan hul lang wendroogte gemaak. Teen die Chiefs het Cobus Grobbelaar en sy trop gewys hulle kan hul man teen die bestes staan. Een van die groot verskille in die span wat gespeel het, was die teenwoordigheid van die Springbok-senter Jaque Fourie. Hy het kalmte in die agterlyn gebring en sy kommunikasie-vermoëns was goud werd. Dit was Fourie se eerste Super14-wedstryd in 2008. Sy vermoëns op kop te hou onder druk het ook tot die deurslaggewende drie van Alberts gelei. Grobbelaar-hulle het die grondslag vir die sege met goeie voorspelerspel gelê deur die skrums en lynstane te oorheers. Die goeie lynstaanspel van Gerhard Mostert en die plaasvervanger-slot Franco van der Merwe het die Chiefs oorhoops gehad. Sonder goeie besit uit dié afdeling, is die Chiefs se tande getrek, want hulle kon die gevaarlike agterste driehoek van Mils Muliaina, Lelia Masaga en Sitiveni Sivivatu (voordat hy beseer is), nie betrek om die nodige momentum te kry nie. Die kere dat hulle wel die bal gekry het, het die Lions-verdedigers soos ’n woedende swerm bye op hulle toegesak. Die Chiefs was ook kwesbaar onder die hoë lugskoppe waarmee hulle gepeper is. Hier was die heelagter, Earl Rose, die voorbok. Die Chiefs is baie verswak toe die agtsteman, Sione Lauaki, en Sivivatu in die 28ste en 29ste minute die veld met beserings verlaat het. Die rooi kaart wat die loskopstut Ben May in die 64ste minuut gekry het nadat hy Van Niekerk in die gesig getrap het, was ook deurslaggewend. Net ná dié voorval het Ma?saga gedruk, maar die assistent-skeidsregter Deon van Blommestein het May se vuilspel aan die skeidsregter, Stuart Dickinson, uitgewys wat toe ’n strafskop aan die Lions toegeken het. Puntemakers: LIONS 33 (17): Drieë: Chris Jonck, Willem Alberts, Cobus Grobbelaar. Doelskoppe: Earl Rose (3). Strafdoele: Rose (4). CHIEFS 27 (13): Drieë: Aled de Malmanche, Lelia Masaga, Mils Muliaina. Doelskoppe: Stephen Donald (3). Strafdoele: Donald (2).
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|