Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ben May vir drie weke geskors
Die Chiefs se stut Ben May se Super14-rugbyseisoen is verby nadat hy gister drie weke lank geskors is vir ontoelaatbare spel in Saterdag se kragmeting met die Lions op Ellispark. May het die Lions-flank, Joe van Niekerk, in die gesig getrap. ’n Tugkomitee van Sanzar het beslis May was roekeloos toe hy Van Niekerk getrap het. May sal nie Saterdag teen die Sharks in Durban speel nie en sal ook nie in ’n halfeind- of eindstryd speel as die Chiefs die paal haal nie. Die komitee het beslis dat hy nie opsetlik was nie en ook nie van plan was om Van Niekerk te beseer nie. Sy vlekkelose dissiplinêre vertoningslys in eersterangse rugby het in May se guns getel. Hy het nog nie voorheen ’n geel kaart gekry nie. May is afgestuur nadat die oortreding deur die assistent-skeidsregter Paul van Blommestein aan die skeidsregter Stuart Dickinson uitgewys is. Die Chiefs het ’n drie gedruk, maar Dickinson het sy beslissing verander en ’n strafskop aan die Lions toegeken. Die Lions het met 27-33 gewen. Die Chiefs-bestuur het ’n advokaat van Wellington, Tim Castle, vir May se tugverhoor in Durban gebruik. ) Intussen is die Hurricanes-stut Neemia Tialata se tugverhoor tot vandag uitgestel. Tialata het gister voor ’n tugkomitee verskyn onder die voorsitterskap van Chris Morris. Tialata is uitgewys vir ’n gevaarlike duikslag in die wedstryd teen die Force in Wellington. Hy het die Force se Dane Haylett-Petty in die 73ste minuut platgeloop. ) Die Highlanders se skrumskakel, Jimmy Cowan, sal later vandeesweek in die hof verskyn ná ’n voorval in Dunedin die afgelope naweek. Dié voormalige All Black is in die vroeë oggendure in hegtenis geneem ná sy span se nederlaag van 40-15 teen die Blues op Carisbrook. Hy is glo aangekla van wangedrag. Die Highlanders se uitvoerende hoof, Richard Reid, sê daar is ’n moontlikheid dat hy ook intern verhoor kan word as hy skuldig bevind word. Hy is die tweede Highlander wat die afgelope paar dae oortree het. Die vleuel Lucky Mulipola is onlangs aan aanranding skuldig bevind. Hy het ook ’n motor bestuur terwyl sy rybewys opgeskort was en het vals inligting aan die polisie verskaf. Die All Black-afrigter, Graham Henry, was baie omgekrap toe hy gehoor het Cowan het met die gereg gebots. Cowan is ’n aanspraakmaker op ’n plek in die All Black-span en Henry sê sy gedrag is “baie teleurstellend” en dat “rugby nie só iets nodig het nie.” - Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|