Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Seer knie hou Falie langs die kantlyn
May 12 2008 09:47:52:760PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pieter Jordaan


Bloemfontein. – ’n Koelkop-benadering is broodnodig vir die Cheetahs in hul voorbereiding vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd hier teen die Bulls.

Waar die druk dié seisoen weekliks op die Cheetahs gegroei het en hul vertoningslys telkens deur nederlae versuur is, is dit belangrik dat dié span vir oulaas kophou om te red wat te redde is.

As die Cheetahs Saterdag weer verloor en die Lions verras deur die Stormers op Ellispark te klop, kan die Cheetahs laaste op die puntelys in vanjaar se reeks eindig.

Die manier waarop die span dié druk vandeesweek bestuur, kan nietemin deurslaggewend wees vir ’n oorwinning en volgens die afrigter, Naka Drotské, sal die span nie onnodig paniekerig raak nie.

“Ons wou elke wedstryd wen en Saterdag sal dit weer so wees. Dit gaan nie help as ons druk op onsself plaas nie.

“Die Lions het ook ’n moeilike wedstryd wat wag teen die Stormers. Dit is so ’n tawwe reeks, want as ons wen, kan ons bo die Lions, Reds en die Highlanders eindig,” sê Drotské.

By gistermiddag se oefening het die span ontspanne voorgekom deur aanvanklik die rugbybal vir ’n sokkerbal te verruil.

Spelers soos Tewis de Bruyn (skrumskakel), Heinrich Brüssow (flank) en Adriaan Strauss (haker) het weens ligte beserings nie aan die oefening deelgeneem nie, maar behoort slaggereed te wees.

Org Strauss, spandokter, het bevestig dat die gereelde skrumskakel, Falie Oelschig, gewis weens beseerde knieligamente nie sal speel nie en dat die haker Richardt Strauss wel ’n knie-operasie moet ondergaan.

Soos verwag, het die skrumskakel Tobie Botes en die haker Hans van Dyk (albei van Griekwas) gister saamgeoefen om die leemtes te vul wat Oelschig en Strauss laat.

Die Cheetahs se vertoningslys beteken dat hulle selfs op hul tuisveld nie die gunsteling is nie. Die Bulls het die afgelope drie weke baie verbeter met hul drie agtereenvolgende seges.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |