Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Peter wil raakvat met sy rotasies
May 12 2008 09:47:50:683PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Morris Gilbert


Peter de Villiers, afrigter van die Springbokke, wil in sy eerste seisoen toesien dat die veelbesproke rotasiestelsel op nasionale vlak ingespan word vir die doel waarvoor dit aanvanklik ontwerp is.

“Ek is verbaas hoe die rotasiestelsel in die Super14-reeks toegepas word, want dit is nie soos ek dit verstaan nie. Wat help dit as jy aan die begin van die seisoen ’n groep van meer as 30 spelers aanwys, maar week ná week steeds volhard met dieselfde 22-tal of een wat net enkele veranderings toon.

“Die rotasiestelsel is myns insiens ontwerp om te verseker dat jy nie jou top-spelers uitbrand nie en om daardeur diepte in die onderskeie posisies te help vestig. Ek is jammer om dit te sê, maar die werklikheid is dat van ons Super14-franchises nie hul top-spelers genoeg roteer nie,” het De Villiers bygevoeg.

“Een van my onmiddellike doelstellings is om aan die einde van die seisoen drie spanne te kan kies wat min of meer ewe mededingend is. As die rotasiebeleid sinvol toegepas word, kan ons verseker dat ons genoeg diepte en talent in elke posisie het sodat een kritieke besering ons nie gestrand sal laat nie.”

Die nasionale afrigter beskou die Curriebeker-reeks as ’n belangrike verlengstuk van die beplanning en voorbereiding wat op Bok-vlak gedoen word.

“As ek my sin kry, sal ons voorste spelers almal weer Curriebeker-rugby speel. Uiteraard sal ek my hierin laat lei deur wat die mediese kundiges my aanraai oor wie wanneer moet rus. Met rus bedoel ek die betrokke spelers moet bloot op ’n minder intense vlak as toetsrugby meeding.

“Dit is belangrik dat ons voorste spelers skerp bly en ons kan dit net verseker as hulle benewens hul toetsverpligtings ook op Curriebeker-vlak ingespan word. Die groot struikelblok is dat van dié spelers die toetsseisoen met te veel Super14-wedstryde agter die blad aandurf.”

De Villiers is verbaas oor die ophef wat daar is oor die verrassings wat in die Bok-groep te wagte kan wees.

“Dié soort aankondigings gaan altyd met verrassings gepaard en ek sal nie die eerste of laaste Bok-afrigter wees wat oor spankeuses in die spervuur is nie. Enige bespiegelings is in elk geval voortydig omdat ons eers Saterdag sal weet of die Stormers en Sharks se spelers by die Super14-halfeindronde betrokke is. As dit wel die geval is, ek hou duim vas dat dit wel gebeur, sal die oefengroep verander.”

De Villiers het die versekering gegee dat hy nog nie eens ’n skimspan vir die toetse teen Wallis op 7 en 14 Junie in Bloemfontein en Pretoria “gekies” het nie.

“Ek is beslis oop vir oortuiging en ’n blink vertoning dié naweek kan my dalk oortuig wie ek waar moet inspan.”

Hoewel hy teleurgesteld is in die peil wat van die Wêreldbeker-helde in die Super14-reeks gehandhaaf het, het dié spelers nie oornag swak geword nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |