Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Lions gaan nie toelaat dat Stormers met hul koppe smokkel
May 12 2008 09:47:24:840PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hennie Brandt


Die Lions gaan nie toelaat dat die afrigter van die Stormers, Rassie Erasmus, met hul koppe smokkel voor Saterdag se deurslaggewende Super14-rugbywedstryd op Ellispark nie.

Die Stormers moet ’n voltal van vyf punte verdien om in die wedloop vir die halfeindstryd te bly.

Erasmus is ’n afrigter wat daarvan hou om speletjies met sy teenstanders te speel.

Sy eweknie van die Lions, Eugene Eloff, het gister gesê hy gaan hom nie vandeesweek steur aan wat Erasmus oor Saterdag se wedstryd te sê het nie.

“Ek weet nie of hy vandeesweek speletjies gaan speel of nie. Ons gaan ons egter nie steur aan enigiets wat gesê word nie. Ek gaan ook nie hierdie week koerante lees nie. Al waarop ek fokus, is wat ons moet doen om die wedstryd te wen.

“Die Stormers sal goed voorbereid Ellispark toe kom. Hulle is ’n goeie span. Ons het egter die skietgoed om hulle te klop as ons afrond, besit behou en goed verdedig,” het Eloff gesê.

Die Lions begin vandag met hul voorbereiding.

Cobus Grobbelaar en sy trop het gister ’n welverdiende rusdag gehad ná verlede Saterdag se fisieke wedstryd teen die Chiefs op Ellispark.

’n Hele paar spelers het dié dag benut om van kneusings te herstel. Die welkome rusdag was soos musiek in die ore van veral die lostrio, Willem Alberts (agtsteman) en die flanke, Joe van Niekerk en Grobbelaar.

Alberts en Van Niekerk was baie fisiek teen die Chiefs en Grobbelaar moes ’n paar steke in sy linkerooglid kry.

Dié drie sal Saterdag saam met die vaste vyf ’n groot rol in die Lions se aanslag speel.

Eloff en sy afrigtingspan, Leon Boshoff (voorspelers) en Wimpie Vermeulen (agterspelers), wys hul 22-tal môre aan.

Tensy daar iets dramaties gebeur, sal dieselfde 22-tal wat in die oorwinning met 33-27 oor die Chiefs betrokke was, in die kragmeting met die Stormers in aksie wees.

“Ek dink nie daar sal baie veranderings wees nie, want ’n mens verander nie sommer aan ’n wenkombinasie nie,” het Eloff gesê toe hy oor sy span vir Saterdag gepols is.

Hy en Vermeulen sal diep moet dink oor wie van Chris Jonck of Jano Vermaak die skrumskakel in die beginspan sal wees. Jonck is Saterdagoggend voor die wedstryd teen die Chiefs na die beginspan bevorder omdat Vermaak weens griep onttrek is.

Jonck het sy kans teen die Chiefs behoorlik aangegryp.

Die waarskynlike 22-tal van die Lions is:

Earl Rose; Louis Ludik, Jaque Fourie, Walter Venter, Ryno Benjamin; Jaco van Schalkwyk, Chris Jonck; Willem Alberts, Joe van Niekerk, Cobus Grobbelaar (k), Gerhard Mostert, Dewald Senekal, JC Janse van Rensburg, Willie Wepener, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, Ross Geldenhuys, Franco van der Merwe, Wilhelm Koch, Jano Vermaak, Jannie Boshoff, Dusty Noble.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |