Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Jonges se kans op groot verhoog
Bloemfontein. – Van die opwindendste rugbyta-lent in Suid-Afrika sal Vrydagaand deel hê aan die Vodacombeker-eindstryd op Loftus Versfeld in Pretoria. Vir die finaliste, die Blou Bulle en die Vrystaat-Cheetahs, is dit gewis ’n pluimpie dat hulle die eindstryd gehaal het met die aantal jong spelers wat vanjaar die ligblou of wit trui gedra het. Altesaam sewe van die 26 spelers wat eersdaags die nasionale o.20-span in die wêreldtoernooi in Wallis gaan verteenwoordig, behoort Vrydagaand in aksie te wees wanneer dié spanne om die titel veg. “Die Bulle sit met omtrent dieselfde spelerkombinasie as ons, want hulle het ook ’n klomp jong outjies en ’n paar ervare ouens,” het Pine Pienaar, die Vrystaat se afrigter, gister gesê. “Nege van die 22 ouens in ons span is nog o.21-spelers. Drie van hulle het verlede jaar nog in die Cravenweek-toernooi gespeel. “In ’n eindstryd kan dit dalk teen ’n ou tel, maar dit is al hoe die outjies gaan leer.” Pienaar het gister sy span aangewys en gehou by die spelers wat die Westelike Provinsie in die halfeindstryd geklop het. Dit sluit die jongelinge Wilton Pietersen (heelagter), Sias Ebersohn (losskakel) en Robert Ebersohn (plaasvervanger-senter) in. Ervare spelers soos Giscard Pieters (vleuel) en Ronnie Uys (stut) gee die nodige balans, nes die standvastigheid wat Tiger Mangweni (heelagter) en John Mametsa (vleuel) na die Ligbloues se span bring. Die Bulle se jong sterre is spelers soos Rocco Jansen (vleuel) en Ockie Kruger (flank). Pienaar het gister erken dat sommige van sy senior spelers ’n sleutelrol gespeel het in sy span se ommekeer in die laaste deel van die reeks. Die Vrystaters vertrek eers Vrydagoggend na Pretoria en sal die hele week hier in hul tuisstad voorberei. Die Vrystaatse span is: Wilton Pietersen; Howard Noble, Phillip Snyman, Bernd Theissinger, Giscard Pieters; Sias Ebersohn, Jandré Blom; Ashley Johnson (k), Nicky Steyn, Albert Parsons, Izak van der Westhuizen, Flip van der Merwe, Phillip Lemmer, Jaco du Toit, Ronnie Uys. PLAASVERVANGERS. Hercu Liebenberg, Roché van der Westhuizen, Marnus Briendenhann, Pieter Gouws, Jaco Colyn, Robert Ebersohn.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|