Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Tialata mis belangrike wedstryd ná skorsing
May 13 2008 09:18:32:537PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Wellington. – Die stut van die Hurricanes se rugbyspan Neemia Tialata is vir een wedstryd geskors vir ’n boorvat in Vrydag se Super14-kragmeting met die Western Force in Wellington.

Tialata sal Saterdag se wedstryd teen die Blues in Auckland misloop.

As die Hurricanes die Blues klop en tot die halfeindronde van die reeks deurdring, sal Tialata wel kan speel.

Tialata is gekors nadat hy die Force se Dane Haylett-Petty gevaarlik omgedop het.

Die Hurricanes het met 21-10 ge-wen.

Die voorsitter van die tugkomitee, Chris Morris, het beslis dat Tialata Haylett-Petty opgelig het en hom toe in die grond geboor het. Dit was onaanvaarbaar en kon tot ’n besering gelei het.

Tialata het erken dat die boorvat ongeoorloof was.

) Intussen is die Reds se vleuel Digby Ioane vier weke lank geskors vir ’n soortgelyke gevaarlike vat in die kragmeting met die Crusaders.

Ioane het skuldig gepleit nadat hy die senter Casey Laulala omgedop het.

Ioane sal die Reds se laaste kragmeting in vanjaar se reeks met met die Waratahs in Brisbane misloop. - Sapa-AFP


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |