Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Krankes maak dat Cheetahs eers vandag span kies
Bloemfontein. – ’n Beter kans om hul ondersteuners se guns terug te wen, sal die Cheetahs se rugbyspan nie sommer kry nie. Hoewel Saterdag se Super14-kragmeting hier met die Bulls geen invloed op puntelys sal hê nie, sal die onlangse geskiedenis tussen dié spanne nietemin van dié wedstryd ’n heerlike vooruitsig maak. Die Cheetahs sou wat wou gee om vanjaar meer oorwinnings op hul kerfstok te hê, maar ’n sege oor die Super14-kampioen sal die plaaslike ondersteuners laat ril van lekkerkry. “Ons het gedurende die afgelope vier jaar drie keer teen hulle in ’n eindstryd gespeel. “Daar is ’n spesiale wedywering en dit is altyd ’n groot wedstryd as die Bulls en die Cheetahs teen mekaar speel,” het Naka Drotské, Cheetah-afrigter, gister gesê. Die Bulls is ook besig om die skade van ’n teleurstellende seisoen te herstel en oorwinnings oor die Highlanders, Waratahs en Brumbies het die afrigter, Frans Ludeke, se span weer op koers geplaas. Wat teen die Cheetahs tel, is dat hulle die Bulls nog nooit in ’n Super14-wedstryd kon klop nie. Die Bok-afrigter, Peter de Villiers, het boonop gesê dat ’n speler met ’n goeie vertoning hom in die Springbok-oefengroep kan speel. Dié spanne sal daarom niks aan die toeval oorlaat nie. ’n Tweestryd tussen die vleuels Jongi Nokwe (Cheetahs) en Akona Ndungane (Bulls), die senters Meyer Bosman (Cheetahs) en Wynand Olivier (Bulls), en die agtstemanne Duanne Vermeulen (Cheetahs) en Pierre Spies (Bulls) gee aan De Villiers ’n finale kans om die spelers op te weeg voordat hy sy groep Saterdagaand aanwys. Die Cheetahs se haker Adriaan Strauss (gewrig), die flank Heinrich Brüssow (skouer), skrumskakel Tewis de Bruyn (bobeen) en die vleuel Eddie Fredericks (enkel) se deelname aan vandeesweek se oefeninge is deur beserings belemmer. Maar benewens die afwesigheid van die skrumskakel Falie Oelschig (knie) en die plaasvervanger-haker Richardt Strauss (knie), meen Drotské daar behoort nie enige ander veranderings aan die 22-tal te wees wat teen die Sharks gespeel het nie. Die Cheetahs se span sal weens dié beserings eers vandag aangekondig word. Dit sal dan bekend wees of die heelagter Bevin Fortuin ten koste van Hennie Daniller ’n kans in die beginspan gaan kry en wie van De Bruyn of Tobie Botes die skrumskakel teen die Bulls gaan wees.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|