Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Barend bêre sy stewels
Bloemfontein. – Die Vrystaatse Springbok-slot Barend Pieterse is aan die einde van die jaar klaar met rugby. Hoewel Pieterse op 29-jarige ouderdom nog lank nie as ’n ou speler beskou word nie, het sy aandeel in sy familie se sakebelange, asook ’n knaende voetbesering, hom genoop om sy uittrede aan te kondig. Pieterse, wat verlede jaar ná die Wêreldbeker-toernooi saam met die Springbokke na Wallis en Engeland getoer het, sê hy wik en weeg al ’n geruime tyd oor dié besluit. Hy het uiteindelik besluit om nog vanjaar se Curriebeker-reeks saam met die Vrystaat-Cheetahs te voltooi voordat hy sy stewels finaal wegbêre. “Daar is eintlik twee redes vir my besluit. Ek het ’n ruk terug my voet erg beseer en was sewe maande lank uit rugby. “Die voet pla my nog ’n bietjie. Ek is gelukkig dat ek in dié stadium van my loopbaan nog nie regtig ernstige beserings opgedoen het nie. Maar die oefeninge en wedstryde eis sy tol. “Tweedens het ons sakebelange in Pretoria. Ek wil graag daarby betrokke raak,” sê hy. Pieterse sê hy het aanbiedings van oorsese klubs oorweeg, maar hy wil vroeër, eerder as later, die sakewêreld betree. Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, sê hy weet hoe dit voel om met ’n besering te speel en berus hom by Pieterse se besluit. “Hy het vanjaar goeie aanbiedings van ander plaaslike unies en oorsee gekry. Die feit dat hy dit van die hand gewys het, is ’n aanduiding dat hy graag dié besluit wou neem,” sê Drotské. Hoewel Pieterse dalk vanjaar in die nuwe Springbok-afrigter, Peter de Villiers, se Bok-planne kan wees, meen hy dit maak nie sin om sy toekomsplanne daarvoor aan te pas nie. “ ’n Mens weet redelik waar jy met Bok-keuses staan. Dit klink seker sinneloos, maar al word ek gekies, help dit nie eintlik nie. “Daar is soveel ander gevestigde spelers. Ek sal net die getalle volmaak. Ek sal liewer probeer om een goeie Curriebeker-seisoen te voltooi,” sê hy. Hy sê hy sal graag oud-spanmaats soos Willem de Waal en Corniel van Zyl wil nadoen deur sy Cheetah-loopbaan op ’n hoë noot met ’n Curriebeker-oorwinning af te sluit. “Dit voel eienaardig om te sê ek tree uit. Dit klink so finaal. Ek hoop maar die mense verstaan. Ek sal dit baie mis,” sê hy. Pieterse was die afgelope vyf seisoene ’n staatmaker vir die Cheetahs en een van die beste lynstaanmanne in Suid-Afrika.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|