Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Steve Engelse se nuwe leier
Londen (Engeland). – Die Bath-slot Steve Borthwick sal Engeland op sy rugbytoer van twee toetse aanstaande maand in Nieu-Seeland aanvoer. Hy neem dié verantwoordelikheid by die stut Phil Vickery oor wat weens ’n kniebesering nie oorweeg is nie. Die Rose pak die All Blacks op 14 Junie in Auckland en ’n week later in Christchurch. Dit is ook die gewese Engelse kaptein Martin Johnson se eerste toetsreeks as nuwe bestuurder. Johnson sal egter weens sy vrou se swangerskap nie saam met die span toer nie. In sy afwesigheid sal die gewese Engelse losskakel Rob Andrew, wat die Engelse Rugby-unie se bestuurder van elite-rugby is, as bestuurder waarneem. Dat Johnson reeds sy stempel begin afdruk, blyk uit die weglating van die veteraan-slot Simon Shaw, die haker Mark Regan, die heelagter Iain Balshaw en die vleuel Lesley Vainikolo uit die toergroep van 32 spelers. Daar is ses nuwelinge ingesluit. Balshaw was dié seisoen in elk van Engeland se vyf Sesnasies-wedstryde in die beginspan. Die veteraan-losskakel Jonny Wilkinson toer ook nie saam nie, maar in sy geval hou ’n skouerbesering hom tuis. Die insluiting van die senter Mike Tindall is opvallend omdat hy ná die toets teen Wallis op Twickenham weens inwendige bloeding in ’n bedenklike toestand in die waakeenheid van ’n Londense hospitaal opgeneem is. Hy is eers ná drie dae na ’n gewone saal oorgeplaas, maar daar is gevrees dat hy dalk blywende lewerskade sou opdoen. Tindall het wonderbaarlik herstel en het reeds verlede maand sy terugkeer vir Gloucester in die halfeindstryd van die Europese beker-reeks teen Munster gemaak. Die ses nuwelinge in die toergroep is die vleuel Topsy Ojo, Danny Care (skrumskakel), Jason Hobson (stut), Dylan Hartley (haker) en Nick Kennedy (slot). Hartley sal vierkant in die Kiwi-media se kollig wees en nie net omdat hy in Nieu-Seeland gebore is nie. Hy was verlede jaar sterk in die wedloop vir die Rose se Wêreldbeker-groep, maar is voor dié toernooi 26 weke lank geskors nadat hy ’n teenstander in ’n klubwedstryd in die oog gekrap het. Die Engelse toerspan is: Agterspelers: Olly Barkley, Mike Brown, Danny Care, Danny Cipriani, Toby Flood, Charlie Hodgson, Jamie Noon, Topsy Ojo, Peter Richards, Paul Sackey, David Strettle, Mathew Tait, Mike Tindall, Richard Wigglesworth. Voorspelers: Steve Borthwick (k), Tom Croft, Nick Easter, Dylan Hartley, James Haskell, Jason Hobson, Ben Kay, Nick Kennedy, Michael Lipman, Lee Mears, Luke Narraway, David Paice, Tom Palmer, Tim Payne, Tom Rees, Andrew Sheridan, Matt Stevens, Joe Worsley. – Sapa-AFP
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|