Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Johan moet jawoord vir Ollie gee
Kaapstad. – Die Stormers sal straks spesiale toestemming moet kry om die gewese Springbok-stut Ollie le Roux in ’n moontlike halfeindstryd in die Super14-rugbyreeks in te span. Die Super14-reeks se toernooi-direkteur, Johan Botes, het bevestig hy sal sy toestemming moet verleen voordat Le Roux in ’n uitklopwedstryd mag speel. Le Roux het hom vandeesweek by die Stormers aangesluit en kan Saterdag teen die Lions op Ellispark ingespan word. Daar is egter ’n reël wat vereis dat spelers minstens vier ligawedstryde moet speel voordat hulle in ’n halfeind- of eindstryd mag speel. Dit sal egter nie ’n speler soos die vleuel Wylie Human raak nie, want hy was aan die begin van die seisoen af reeds in die Stormers se groep. Le Roux het ’n bietjie meer as ’n week gelede nog vir die Ierse span Leinster gespeel. Die Stormers het ’n ernstige gebrek aan ervaring op loskopstut ná JD Moller se onlangse besering en het Brian Mujati in hul laaste twee wedstryde uit posisie gekies om dié gat toe te stop. Hul skrum was in Saterdag se gelykopstryd van 13-13 teen die Waratahs hier op Nuweland wéér in trurat. “ ’n Mens kyk na die omstandighede. “Die vraag is waarom die speler nó? eers gaan speel,” het Botes gesê. “Die argument kan wees dat dat hulle só uitgedun op stut sal wees, dat daar vanuit die staanspoor nie in die skrums meegeding sal kan word nie. “Die reël is daar om te keer dat spanne hulself versterk voor ’n halfeindstryd. “Die Stormers het al met my daaroor gepraat en ek het hulle versoek om dit op skrif te plaas. “Die vraag sal wees waarom die speler wat nou gekies word, beter is as iemand wat in die Vodacombeker-reeks gespeel het. “As hulle kom met die argument van ervaring en dat die ander spelers nog nie Super14-rugby gespeel het nie, moet ’n mens nie kinderagtig wees nie.” Botes het bygevoeg hy sal die Stormers se argument in oën-skou neem en dán oor die kwessie besin. “Dit sal makliker vir my gewees het as ek ’n Nieu-Seelander was, want ek wil nie as partydig beskou word nie,” het Botes gesê. “Ek sal maar kyk na die argumente en met ander mense daaroor praat.” Die Stormers is nog nie seker van ’n plek in die halfeindstryd nie. Selfs al klop hulle die Lions met ’n bonuspunt, kan die Sharks hulle met ’n beter punteverskil verbysteek. Dit staan die Stormers vry om Le Roux in Saterdag se wedstryd teen die Lions op Ellispark te gebruik.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|