Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lions wil wys hul sege was g’n vloekskoot
Die rugbyspan van die Lions wil Saterdag op Ellispark teen die Stormers wys hul goeie sege verlede naweek oor die Chiefs was geen vloekskoot nie. Vir Cobus Grobbelaar, uithaler-oopkantflank en leier van die Lions trop, gaan Saterdag se wedstryd nie om persoonlike prestasies nie hoewel hy in sy 50ste Super-wedstryd uitdraf. Al wat hy verwag, is om teen die Stormers voort te bou op die goeie vertoning teen die Chiefs, slegs die Lions se tweede van die seisoen. “Ek wil hê ons moet die Super14-reeks op ’n hoogtepunt afsluit en wys die sege oor die Chiefs was geen vloekskoot nie. As ons dit kan doen, sal ons die Curriebeker-reeks op ’n hoogtepunt begin. “Ons moet dieselfde kliniese vertoning in die vaste afdelings teen die Stormers lewer, druk uitoefen en hulle dwing om foute te begaan,” het Grobbelaar gesê. Dié baljagter besef egter ook watter groot taak daar op hom en sy makkers wag. “Hulle het verskillende speelpatrone en wissel hul spel baie af. “Dit is moeilik om teen só ’n span te verdedig, want hulle kan altyd met iets nuuts vorendag kom. “Daarby het hulle verskeie spelbrekers en Springbokke. “Hulle sal ook honger en opgepomp wees om ons te klop, want hulle is naby aan ’n plek in die halfeindstryd. Die Stormers is ook in ’n baie goeie posisie, want hulle lot is in hul eie hande,” het Grobbelaar gesê. Eugene Eloff, afrigter van die Lions, het die span wat die wedstryd teen die Chiefs begin het, behou. Hy het een verandering op die bank aangebring met Jano Vermaak se insluiting as plaasvervanger-skrumskakel. Vermaak is Saterdagoggend weens griep onttrek. Chris Jonck het toe die kans gekry om die nommer nege-trui te dra en het dit met albei hande aangegryp. “Ek dink Jano en Chris is spesiale spelers. Chris het goed teen die Chiefs gespeel. Ek dink dit is beter om Jano eerder van die bank af op te stuur ná die swaar griep wat hy gehad het. Dit is ook ’n ruskans nadat hy baie in die reeks gespeel het,” het Eloff gesê. Die Lions se span is: Earl Rose; Louis Ludik, Jaque Fourie, Walter Venter, Ryno Benjamin; Jaco van Schalkwyk, Chris Jonck; Willem Alberts, Joe van Niekerk, Cobus Grobbelaar (k), Gerhard Mostert, Dewald Senekal, JC Janse van Rensburg, Willie Wepener, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Ethienne Reynecke, Ross Geldenhuys, Franco van der Merwe, Wilhelm Koch, Jano Vermaak, Jannie Boshoff, Dusty Noble.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|