Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Valke pootjie die WP
Die Valke se rugbyspan blaf nie meer nie, hy byt. Die Skarlakenrooies het gisteraand in Brakpan die eerste keer in baie jare ’n groot hond gepootjie toe hulle die Westelike Provinsie met 38-32 in die Curriebeker-rugbyreeks geklop het. Nadat die Valke gedreig het om ’n opskudding te lewer in hul vorige twee wedstryde teen die Leeus en die Sharks het hulle dié reeks behoorlik deurmekaar gekrap deur die Streeptruie met skitterende spel uit te oorlê. Die Streeptruie het twee bonuspunte verdien, maar die nederlaag is ’n bitter pil om te sluk. Veral nadat hulle verlede week in Kimberley ook die onderspit teen Griekwas gedelf het. Met ’n voorsprong van 35-18 het die tuisspan dinge vir homself baie moeilik gemaak toe die linkervleuel Johan Swartz met ’n rooi kaart vroeg in die tweede helfte gestraf is. Swartz is deur die skeidsregter, Marius Jonker, afgejaag ná ’n boorvat op die besoekers se heelagter, Gio Aplon. Toe die Streeptruie die kans moes aangryp teen 14 Valke, het hulle ook drooggemaak toe die flank Francois Louw met ’n geel kaart ná ’n geevaarlike duikslag gestraf is. Dit het die speelveld weer gelyk gemaak. Die keerpunt in die spannende wedstryd was toe die Westelike Provinsie se slot Ross Skeate met ’n geel kaart vir ’n onwettige duikslag op die Valke se kaptein en binnesenter, Hanno Coetzee, laat in die eerste helfte gestraf is. Die Valke het Skeate se afwesigheid behoorlike uitgebuit en drie drieë gedruk, wat al drie gedoel is toe Skeate van die veld af was. Toe Skeate terugkeer, was die Valke gerieflik voor nadat hulle met 14-15 agter was. Puntemakers: VALKE 38 (28): Drieë: Nicky Kritzinger, Len Olivier, Ryno Barnes, Dewald Pretorius, Rouan Cloete. Doelskoppe: Olivier (5). Strafdoel: Jeff Perkins. WESTELIKE PROVINSIE 32 (15): Drieë: Adriaan Fondse ( 2), Brock Harris, Wylie Human. Doelskoppe: Willem de Waal ( 3). Strafdoele: De Waal (2).
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|