Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    'Verdelende Springbok' weer in visier
    Oct 10 2008 07:30:01:493AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Sharlene Packree

    Durban. - Die minister van sport steun die behoud van die Springbok-embleem - maar as dit afhang van mnr. Butana Komphela, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, sal dit waai.

    Die toekoms van die Bok was een van die gesprekspunte op 'n nasionale sportindaba hier, waar belangrike sake soos sporttransformasie en toegang tot hulpbronne bespreek word. Honderde afgevaardigdes woon dié indaba by, wat vandag eindig.

    Tydens 'n gesprek oor sport en politiek het mnr. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, voorgestel dat die Springbok behou word.

    Komphela het verskil. Hy hou vol die simbool moet geskrap word, aangesien dit 'n pynlike herinnering aan apartheid is.

    Die Bok-simbool is as handelsmerk etlike miljoene werd en rugby-ondersteuners het 'n sterk emosionele band daarmee.

    Komphela het gesê Suid-Afrikaners het 'n simbool nodig waarmee hulle kan identifiseer.

    Daar is voorgestel dat die Protea die Springbok vervang, aangesien die meeste nasionale spanne dit reeds as kenteken gebruik. Kom?phela meen daar behoort net een simbool vir alle Suid-Afrikaanse nasionale sportspanne te wees.

    "Die dag waarop mense hulle met één sportlogo vereenselwig, is die dag wat ons almal werklik versoen is. Hierdie verdeel die land net en is 'n skerp herinnering aan die verlede."

    Hy het aan Stofile gesê dit is die regering se verantwoordelikheid om die land met een nasionale embleem te versoen.

    'n Verdere warm debat het gehandel rondom die veldtog "No to racism" nadat sekere provinsies, sommige om borgskap-redes, nie die slagspreuk op hul truie gedra het nie.

    Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het in 'n verklaring gesê sy verteenwoordigers by die indaba het kennis geneem van die bekommernisse en opinies van sommige van die afgevaardigdes oor die Springbok-embleem.

    Daardie bekommernisse sal gerapporteer word aan die presidentsraad vir versigtige oorweging.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |