Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Butch, ander SA spelers skitter
Parys. – Die voormalige Springbok-losskakel Gaffie du Toit moes Saterdag die Franse kampioenspan, Toulouse, met sy skopskoen in die Top14-liga teen Toulon red. Frederic Michalak, wat onlangs nog in die Curriebeker-eindstryd vir die Sharks gespeel het, het as Toulouse se losskakel begin, maar sy spel was benede peil en hy het vyf van sy ses stelskoppe verbrou. Michalak is deur sy tuisskare uitgejou vir sy swak vertoning. Du Toit is laat in die wedstryd as heelagter opgestuur en hy het met twee strafdoele die wa deur die drif getrek in ’n sege van 19-18. In nog ’n wedstryd Saterdag het Perpignan sy plek onder die voorlopers op die puntelys behou met ’n sege van 27-12 oor Biarritz. Stade Francais se skielike insinking het ook die naweek voortgeduur toe hy Vrydagaand met 13-26 teen Montpellier verloor het. Die Suid-Afrikaanse senter Frikkie Welsh het een van Montpellier se twee drieë gedruk en Stade Francais se skrumskakel Falie Oelschig het agt van sy span se 13 punte aangeteken. James is staande deur sy tuisskare toegejuig ná die eindfluitjie, oomblikke nadat hy ’n skitterdrie gedruk het wat hy met ’n slim steekskoppie begin het. Leicester se Suid-Afrikaanse losskakel, Derick Hougaard, het met goeie taktiese- en stelskopwerk sy span se aanslag gelei, maar Bath het die sege behaal wat sy voorsprong as die liga-voorloper nou verder rek. Nog ’n Suid-Afrikaner, die haker Pieter Dixon, het ook ’n drie vir Bath gedruk. – Sapa-AFP, eurosport.yahoo.com en guinnesspremiership.com
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|