Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dit was Slag van Murrayfield
    Nov 16 2008 09:16:27:447PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Doef! Skotland se Ali Hogg (regs) maak hom reg om Pierre Spies te konfronteer. Foto: Duif du Toit, Gallo Images
    Liam Del Carme


    Edinburg. – Die Springbokke se toets teen Skotland het Saterdag nie net amper een van die grootste rugby-verassings van die jaar opgelewer nie, maar dit het ook ’n buitengewone hoë fisieke tol van albei spanne geëis.

    As die Bokke dink hulle was ongelukkig om Bismarck du Plessis en Gurthrö Steenkamp prys te gee, kan die Skotte oor meer as net die uitslag gegrief voel. “Ons het ’n massiewe beseringslys. Dit was duidelik ’n baie fisieke wedstryd,” het Skotland se afrigter, Frank Hadden, gesê.

    “Chris Paterson het moontlik ’n gebreekte wangbeen, Thom Evans se been is heeltemal lam, Rory Lamont het ook ’n lam been en het ’n nek- en skouerbesering opgedoen.

    “Euan Murray het ’n wangbesering, Scott Gray het ’n kniebesering, Allister Hogg het steke gekry, Phil Godman het twee rye steke gekry, Jason White het ’n probleem met sy nek, John Barclay het ’n skouerbesering, Hugo Southwell het ’n beenbesering en Dan Parks ’n rugbesering,” het Hadden gesê.

    Mike Blair, die Skotte se kaptein, het erken dat die beserings hul aanslag veral in die laaste 10 minute beperk het.

    Die Bokke is ook uit rat gegooi. Du Plessis is in die vierde minuut af en die kaptein, John Smit, moes terugskuif na haker.

    “Dit was gewis nie ideaal nie, want ek het op toer gekom om vaskop te speel,” het Smit gesê.

    Dit was ’n uiters frustrerende middag vir Smit.

    “In die eerste helfte was dit moeilik. Ons was in die moeilikheid met ’n hele klomp dinge.

    “Ek kan nie fout vind met wat die spelers insit en wat hulle opoffer nie. Almal wil ons klop,” het Smit gesê.

    In só ’n sukkelvertoning is daar egter altyd spelers wat nie aan die verwagtinge voldoen het nie en Bryan Habana het weer nie die standaarde gehandhaaf wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het nie.

    Habana is in die tweede helfte vervang, maar Peter de Villiers, die Bokke se afrigter, sê dit was weens ’n besering.

    “Bryan het vroeg in die tweede helfte ’n stamp gekry. Sy vermoë om te beweeg, was beperk. Ek het die regte ding vir die span gedoen deur hom te vervang.

    “Alle great spelers se spelpeil val van tyd tot tyd. Ons sal hom bystaan, want ons is ’n span. Ons kan nie dat ons sterre probeer oorleef op hul eie nie.

    “Vandag (Saterdag) het hy nie te swak gelyk nie. Hy kon net nie aan een of twee balle vasklou nie,” het De Villiers gesê.

    Jaque Fourie, Habana se plaasvervanger, het egter sy tyd op die veld ten volle benut.

    “Jaque is ’n uitstekende speler. So ook die ouens wat nie eens op die plaasvervangersbank sit nie. Sommige spanne sal wat wou gee om van daai spelers in hul geledere te hê.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |