Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Toks hou van dié verandering
    Nov 20 2008 09:42:37:130PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend

    Kaapstad. – Dit was die regte ding om Jannie du Plessis bo Brian Mujati op vaskopstut vir Suid-Afrika se beginspan te kies vir môre se rugbytoets teen Engeland op Twickenham.

    Só sê die voormalige Springbok-stut Toks van der Linde, wat meen die Bokke kan ’n verwoede aanslag in die skrums te wagte wees hoewel die sterk stut Andrew Sheridan gister weens ’n nekbesering onttrek is.

    “Brian is nog jonk en Jannie het die afgelope tyd goeie rugby gespeel. Jannie ken John Smit (haker en kaptein) goed. Jy het dus ’n Sharks-voorry. Jannie sal die vonk verskaf,” het Van der Linde gesê.

    “Engeland gaan konsentreer op die voorry.

    “Die Bokke moet nie met Engeland in die voorry stoei nie,” het Van der Linde gesê.

    Hy meen ook Smit gaan oorgehaal wees om weer haker te speel. Hy het goed in verlede week se toets teen Skotland vertoon.

    Van der Linde wil sien dat die Bokke beter speel by die afbreekpunte.

    “Hulle sal vinnige besit by die afbreekpunte moet kry. Daarom sal hulle moet aanpas by die skeidsregter.

    “Die All Blacks is meesters daarvan om die bal vinnig te maak by die afbreekpunte,” het Van der Linde gesê.

    “As ons nie ’n goeie regterskouer by die skrums kry nie, gaan Pierre Spies (agtsteman) nie vorentoe speel nie.”

    Verlede week se speler van die wedstryd, Juan Smith, is weens ’n besering nie beskikbaar nie.

    Danie Rossouw het hom op flank vervang en Van der Linde meen dis belangrik dat hy ook bal toe speel eerder as om net daarop te konsentreer om die bal te dra. – Stephen Nell


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |