Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rossouw klaar met rugby
Bloemfontein. – Chris Rossouw, Springbok-losskakel van die Cheetahs, gaan weens ’n reeks gevalle van harsingskudding finaal sy rugbystewels ophang. Die 32-jarige Rossouw sê hy besef dit is die beste besluit nadat hy met verskeie mense gepraat het. Die aankondiging oor sy uittrede sal vandeesweek amptelik deur die Vrystaatse Rugby-unie gedoen word. Dit beteken Rossouw sal nie vroeg aanstaande jaar sy Super14-buiging vir die Cheetahs maak nie. Hy het vanjaar net voor die aanvang van die Curriebeker-reeks van Frankryk, waar hy vir Toulon gespeel het, na Bloemfontein verhuis. Rossouw sê hy het die eerste keer op skool harsingskudding opgedoen. Hy het weer harsingskudding by die Westelike Provinsie en toe oorsee opgedoen. Hy het vanjaar in die Curriebeker-wedstryd teen die Valke en toe weer teen die Leeus harde stampe gekry. “Ek het met ’n klomp mense gepraat en ter wille van myself, maar ook my gesin, besluit om eerder die verantwoordelike weg te volg.” Hy geniet dit in Bloemfontein en sal graag in die stad wil aanbly omdat dit “ ’n goeie plek is om my twee kinders groot te maak.” Rossouw kan by die spel betrokke bly. Hy beplan om hom as ’n skop- en vaardigheidsafrigter beskikbaar te stel. “Ek dink daar is ’n baie groot behoefte daaraan.” ’n Ander moontlikheid vir Rossouw is om sy ouer broer in die Kaap by ’n finansiële beplanning en -raadgewende praktyk by te staan. “Ek sal die week daaroor gaan dink, maar dit is ook een van die klompie moontlikhede wat daar vir my is.” Die Cheetahs kan die veelsydige Jacques-Louis Potgieter, Meyer Bosman en Tewis de Bruyn, asook Griekwaland-Wes se Conrad Barnard as losskakels vir die Super14-reeks oorweeg. Die ander losskakel van Griekwas, Naas Olivier, kan dalk ná Rossouw se aankondiging weer in die Cheetah-groep ingesluit word. Die Cheetahs kom in Januarie in die Verenigde Arabiese Emirate in ’n losmaker ter voorbereiding vir die reeks teen die Sharks te staan.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|