|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
"Suid-Afrika se top-rugbyspelers sal dwaas wees as hulle nie die geldpad na die Noordelike Halfrond neem nie."
Die Stormers sal straks spesiale toestemming moet kry om die gewese Springbok-stut Ollie le Roux in ’n moontlike halfeindstryd in die Super14-rugbyreeks in te span.
Die stertkant van die Super14-reeks is kwalik die tyd om ou honde aan nuwighede bloot te stel, en die Sharks gaan gewis nie nou onverkende terrein voor hul wedstryd Saterdag teen die Chiefs probeer betree nie.
Die Vrystaatse Springbok-slot Barend Pieterse is aan die einde van die jaar klaar met rugby.
Die stut van die Hurricanes se rugbyspan Neemia Tialata is vir een wedstryd geskors vir ’n boorvat in Vrydag se Super14-kragmeting met die Western Force in Wellington.
Die Lions gaan nie toelaat dat die afrigter van die Stormers, Rassie Erasmus, met hul koppe smokkel voor Saterdag se deurslaggewende Super14-rugbywedstryd op Ellispark nie.
Peter de Villiers, afrigter van die Springbokke, wil in sy eerste seisoen toesien dat die veelbesproke rotasiestelsel op nasionale vlak ingespan word vir die doel waarvoor dit aanvanklik ontwerp is.
Hoewel die All Blacks se voorste rugbyspelers hul heil vanjaar oorsee gaan soek het, beplan die afrigter, Graham Henry, steeds om ’n ervare span te kies vir die toetse teen Ierland en Engeland.
Die Wallabies se heelagter Chris Latham het toegegee dat ’n skouerbesering sy internasionale rugbyloopbaan kan kortknip.
Chris Jonck het die afrigter van die Lions, Eugene Eloff, ’n lekker kopseer gegee met die uithaler-skrumskakelspel wat hy Saterdagmiddag op Ellispark in die Lions se sege van 33-27 oor Chiefs in die Super14-rugbyreeks gelewer het.
|
Die rugbyspan van die Lions wil Saterdag op Ellispark teen die Stormers wys hul goeie sege verlede naweek oor die Chiefs was geen vloekskoot nie.
Die vet is in die vuur vir Saterdag se Australiese rugby-tweestryd tussen die Waratahs en die Reds in Brisbane.
Die Bath-slot Steve Borthwick sal Engeland op sy rugbytoer van twee toetse aanstaande maand in Nieu-Seeland aanvoer.
’n Beter kans om hul ondersteuners se guns terug te wen, sal die Cheetahs se rugbyspan nie sommer kry nie.
Die Stormers wik en weeg nog of Ollie le Roux in Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Lions die loskopstut sal wees...
Wanneer die Sharks Saterdag teen die Chiefs se rugbyspan in Durban in die laaste Super14-ligawedstryd van 2008 uitdraf, gaan hulle presies weet wat hulle te doen staan om ’n plek in die halfeindstryd te verseker.
’n Koelkop-benadering is broodnodig vir die Cheetahs in hul voorbereiding vir Saterdag se Super14-rugbywedstryd teen die Bulls.
Van die opwindendste rugbyta-lent in Suid-Afrika sal Vrydagaand deel hê aan die Vodacombeker-eindstryd op Loftus Versfeld in Pretoria.
Die Chiefs se stut Ben May se Super14-rugbyseisoen is verby nadat hy drie weke lank geskors is vir ontoelaatbare spel in Saterdag se kragmeting met die Lions op Ellispark.
Die All Black-losskakel Daniel Carter het ’n tydige terugkeer ná sy besering gemaak om die Crusaders te help om die Reds met 27-21 te klop in ’n Super14-rugbywedstryd.
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|