Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Valke se halfeindstryde die naweek
    Jun 08 2008 03:57:29:183PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Hans van Vreden

    EG Jansen het sy ligawedstryde in die Valkestreek onoorwonne voltooi deur Kempton Park sy eerste nederlaag toe te dien. Met dié oorwinning van 32-13 eindig EG Jansen bo-aan die punteleer.

    Kempton Park het Hans Moore met 55-6 afgeransel om tweede te eindig.

    Hugenote het ná verlede week se nederlaag verlore aansien herwin met sy oorwinning van 54-0 oor Jeugland.

    In die halfeindstryde wat Saterdag op Hugenote se velde plaasvind, kom EG Jansen teen Hans Moore te staan en Kempton Park en Hugenote sê mekaar die stryd aan.

  • In die afdeling vir groot skole het Transvalia sy kwarteindstryd teen Die Anker met 16-5 gewen.

    Brandwag het in ’n wipplankstryd net-net daarin geslaag om Driehoek met 30-26 uit te skakel.

    Dr Malan het met 30-0 maklik met Heidelberg Volkskool afgereken en HTS Vereeniging het in die tweede helfte die krane oopgedraai om Oosterlig met 50-7 terug huis toe te stuur.

    Brandwag en Transvalia pak mekaar Saterdag in ’n halfeindstryd terwyl Dr Malan en HTS Vereeniging sake gaan uitspook vir die ander plek in die eindstryd.

  • Stoffberg het op sy tuisveld harde bene gekou om sy kwarteindstryd vir medium skole teen Birchleigh met 25-18 te wen. Stoffberg het in ’n grootliks gelykopstryd laat in die tweede helfte hul agterstand uitgewis. Die agtsteman, Jean Olivier, het ’n gelykmaker-drie gedruk, gevolg deur die wendrie van die vleuel Ivan van den Heever.

    Die skrumskakel, Charl Nieuwenhuizen, het sout in die wonde gevryf met sy doelskop en ’n daaropvolgende strafdoel.

    Vir Birchleigh het die losskakel Ryno Munday en agtsteman, Reini Raschke, elk gaan druk en die skrumskakel, Anrich Richter, het met twee strafdoele en ’n doelskop geslaag.

    Stoffberg kom in een halfeindstryd teen sy rugbyvyand Delmas te staan. Delmas het Afrikaans Hoër Sasolburg maklik met 47-8 gewen.

    In die ander halfeindstryd gaan Overvaal vir Heilbron pak. Overvaal het in sy kwarteindstryd met HTS Sasolburg afgereken en Heilbron het John Vorster in ’n opwindende stryd met 35-27 uitgeskakel.

  • In die halfeindronde van die klein skole speel Balfour teen Noorderlig en Johan Jurgens speel teen Voortrekker.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |