Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Witwarm rugby by bondedag
Die Blou Bulle, wat die o.18-Cravenweek van 7 tot 12 Julie by die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria aanbied, het eergister met hul oorwinning oor die Vrystaat op die Noordvaal-bondedag in Johannesburg ’n belangrike sielkundige slag geslaan. Die Vrystaters is die verdedigende nie-amptelike Cravenweek-kampioen nadat hulle verlede jaar oortuigend met die Westelike Provinsie in die “eindstryd” afgereken het. Die Bulle het die bondedag-wedstryd met 19-17 gewen en moes in die laaste minute ’n hewige aanslag van die Vrystaters afweer. Hoewel die Bulle een drie minder as die Vrystaters gedruk het, was dit die wenspan se losskakel, Jean-Claude Roos, wat met sy giftige skopkskoen die verskil gemaak het. Hy het 14 punte met ’n doelskop en vier strafdoele aangeteken. Die Bulle was nie al span wat ’n goeie Cravenweek-proeflopie gehad het nie. In die hoofwedstryd het die Goue Leeus veral in die eerste helfte ’n blink vertoning teen KwaZulu-Natal gelewer en uiteindelik met 31-20 gewen. Ongelukkig lyk dit of die Leeus dalk ’n reuse-prys vir hul oorwinning kan betaal, want die skrumskakel en kaptein, Wesley Moolman, moes in groot pyn van die veld gehelp word. Die vermoede is dat hy sy sleutelbeen ernstig beseer het. Die ander wenspanne was die Valke, Pumas en Limpopo Blou Bulle. Die wedstryd tussen die Valke en Griffons het baie goeie rugby opgelewer. Uiteindelik was dit die wenspan se beter samespel wat die deurslag gegee het, wat grootliks deur die sterk E.G. Jansen-afvaardiging moontlik gemaak is. Dié skool van Boksburg het 11 spelers in die Valke se beginspan gehad. Die Pumas het die Luiperds met 24-19 geklop, terwyl Limpopo, wat in ’n stadium met net dertien spelers moes klaarkom, ’n indrukwekkende vertoning teen die Griekwas gelewer het (33-17). Die Pumas sal soos die Leeus bekommerd wees, want die Gryses se losskakel, Gary van Aswegen, het ook ’n besering opgedoen.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|