Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Die Cravenweek is hier!
Die Cravenweek is hier! Die toernooi skop vandag by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria af. Die eerste Cravenweek is in 1964 in Oos-Londen gehou. Dr. Danie Craven - na wie dit vernoem is - het die eerste Cravenweek geopen met ’n toespraak wat die kernwaardes van die toernooi uitgestippel het. “Die spel moet gespeel word in die regte gees, aanvallend, oop, konstruktief, ongeag die uitslag van die wedstryd … en sonder om van die spel af te wyk. “My boodskap aan al die spelers is: hardloop met die bal, verkies aanval bo verdediging, gooi die bal rond wanneer julle moet. “Speel korrekte rugby, eerder as wenrugby, want korrekte rugby sal die spel en die spelers bevorder.” Van 1964 tot 1973 het Dok Craven daarop aangedring dat daar nie ’n Suid-Afrikaanse skolespan gekies moet word nie. Dit het egter in 1974 verander toe die eerste Suid-Afrikaanse skolespan se name uitgelees is. Die Vrystaatse span het verlede jaar se hoofwedstryd, wat in Stellenbosch gespeel is, met 52-3 teen die Westelike Provinsie gewen. Verskeie Springbokke se rugbydrome het by die Cravenweek begin. Spelers soos Luke Wat?son, Schalk Burger, John Smit, Frans Steyn, Bryan Habana, Pierre Spies en Jaque Fourie het by dié week gespeel.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|