Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Skoolseuns ‘doen dinge reg’
“Vandag se skoolseuns doen alles soos die Springbokke en doen die basiese dinge van rugby 100 persent reg.” Só het die 89-jarige Piet Malan gister op die eerste dag van die 45ste Cravenweek, wat by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gehou is, gesê. Malan is die oudste lewende Springbok en een van die enigste twee oorlewende lede van die eerste Cravenweek-komitee van 1964. Hy het van 1939 tot 1941 vir Wes-Transvaal gespeel en hy het ook 33 keer vir Transvaal uitgedraf. In 1949 het Malan in die vierde toets agtsteman vir die Bokke teen die All Blacks gespeel. Malan vertel hoe hy en dr. Danie Craven op die paviljoen gesels het oor die idee van ’n rugbyweek vir skole. “Ek was betrokke by skole-rugby en Craven het gesels oor die feesvieringe rondom die 75ste bestaansjaar van Suid-Afrikaanse rugby. “Ek het hom gevra of hulle ’n fees vir skole gaan hou. “Hy het van die idee gehou en dit aan die Suid-Afrikaanse Rugbyraad voorgelê wat dit aanvaar het.” Die eerste Cravenweek is in 1964 in Oos-Londen gehou. Volgens Malan het die gehalte van rugby baie verbeter sedert die eerste Cravenweke. “Die ouens is baie groter. In daardie dae was hulle veel kleiner. “Dit lyk of die skoolkinders al hoe groter en beter word. Ons het net ’n veld en spelers gehad. Vandag is hier ’n openingseremonie en advertensieborde.” Malan ondersteun vandeesweek die Leeus, omdat hy vir Transvaal uitgedraf het. “Dit is my mense en ’n mens moet immers lojaal wees.” Siyamthanda Mbanga, linkervleuel van die Grens-Platteland, is die jongste speler in vanjaar se toernooi. Hy het in April vanjaar 15 jaar oud geword. Hoewel meeste van die spe-lers drie jaar ouer as hy is, is Siyamthanda glad nie bang vir sy ouer en veel groter teenstanders nie. “Ek is hier om te veg vir my span. Ek kon in die o.16-toernooi gespeel het, maar ek het verkies om hierheen te kom.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|