Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Leeus se boeties stamp baie selde kop
    Jul 06 2008 11:36:14:827PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Vat vyf! Die Moolman-boeties, Bradley (links) en Westley wat vandeesweek in Pretoria vir die Leeus aan die Cravenweek deelneem Foto: Marius Nortjé
    Morris Gilbert


    Dit is nie boeties of ander enkelinge wat môremiddag aan die Leeus ’n oorwinning teen die Vrystaat in die hoofwedstryd van die tweede dag van die 45ste onder 18-Cravenweek by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria sal besorg nie.

    “Jy klop die Vrystaat net as jy ’n span saamspeel en elke speler se bydrae ewe belangrik is,” meen die Leeus se skrumskakel en kaptein, Westley Moolman.

    Hy is daarom baie beskeie oor die hoë verwagtings wat daar van hom en sy jonger broer, Bradley (buitesenter) is.

    Die twee Moolman-boeties, wat in ouderdom net elf maande van mekaar verskil, word as twee van die Leeus se grootste Cravenweek-troefkaarte beskou.

    “Dit is uiteraard ’n voorreg om saam met jou broer aan die Cravenweek deel te neem, meer nog omdat dit ons ook op laerskole-vlak beskore was (toe hulle saam vir die Luiperds gespeel het),” sê Westley.

    “Ek en my broer is baie goeie vriende en stamp selde kop.

    “Ons praat graag en gereeld oor rugby en leer in die proses baie bymekaar oor wat elkeen kan doen om ’n beter speler te word,” sê die Leeus se aanvoerder.

    Oor wat Bradley se sterkpunte as buitesenter is, het Westley geantwoord: “Hy is baie vinnig en kliphard. Dit maak hom ’n reuse-bate in sowel die aanval as op die verdediging.”

    Bradley verwys op sy beurt na sy broer as “een van my grootste leermeesters omdat hy altyd in alles deur voorbeeld lei”.

    Die boeties se pa, Frik, sê sy borskas is te klein vir hoe trots hy op sy seuns is.

    Die Leeus se kaptein meen die oorwinnings in die opwarmwedstryd teen die Valke en dié teen KwaZulu-Natal op die Noordvaal-bondedag was baie goed vir hul selfvertroue en momentum.

    “Ons sal moet leer om nie soos in die tweede helfte van die wedstryd teen KwaZulu-Natal konsentrasie te verloor nie, want dan rafel jou spel uit.

    “Teen die Vrystaat, wat baie gevaarlik uit gebroke spel is, sal dit juis van kritieke belang wees om die hele tyd binne ’n struktuur te bly speel,” het die Leeus se aanvoerder gesê.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |