Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Plattelanders neem deel op eie koste
Die windmaker-vertoning van die plattelandse spanne van Griekwas en die Oostelike Provinsie in hul eerste twee Cravenweek-wedstryde, sal hul saak beduidend versterk om op ’n permanente basis tot die land se voorste skoletoernooi toegelaat te word. Lindsay Mould, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging, het gister by die 45ste Cravenweek in Pretoria gesê dié twee spanne het gewys dat die talent op junior vlak nie tot die groot skole in die metropole beperk is nie. “Die twee spanne het hulself verkoop deur rugby van hoogstaande gehalte te speel. Die een tel onder die onoorwonne spanne (OP-Platteland) en die ander het gister die grootste oorwinning behaal (Griekwas-Platteland wat die Grens-Platteland met 61-0 geklop het). “Sonder om enige besluite vooruit te loop, kan ek kwalik voorsien dat hulle nie volgende jaar weer aan die Cravenweek sal deelneem nie. “Ons het hul aansoek om deelname goedgekeur omdat afstand in albei unies ’n remmende uitwerking op die ontwikkeling en blootstelling van die die plattelande speler het. Boonop neem albei spanne op eie koste deel, wat dit soveel makliker maak om hulle te huisves,” het Mould bygevoeg. Volgens hom is die kanse skraal dat die Cravenweek weer lomp sal word soos in die dae toe ’n rekordtal van 36 spanne daaraan deelgeneem het. “Dit is immers ’n elite-toernooi wat deurgaans gehalte mededinging as uitgangspunt moet hê. Sekerlik staan dit ander unies vry om ook om ’n ‘tweede’ Cravenweek-span aansoek te doen. Ons sal sulke aansoeke sorgvuldig oorweeg met dien verstande dat verdienstelikheid die swaarste sal weeg,” het Mould gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|