Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Jacob staan in Lichtenburg
Die Hoërskool Lichtenburg het Saterdag vir die derde keer die Jacob Wilkens-trofee as die Luiperds se grootskool-kam?pioen verower toe hy Potchefstroom Volkskool met 16-14 geklop het. Lichtenburg was teen rustyd 6-0 voor en het na vier minute in die tweede helfte die gaping na 11-0 gerek. Die wedstryd was ’n tipiese eindstryd wat min hoogtepunte opgelewer het. Volkskool het verskeie geleenthede gehad om terug te kom in die wedstryd, maar het verkeerde opsies uitgeoefen. Lichtenburg het elke kans benut en was dit nie vir ’n paar skoppe wat skeefgetrek het nie, kon hulle verder gewen het. Volkskool het nooit moed opgegee nie en tot die einde bly aanval. Joel de Cahna se drie het diep in beseringstyd gekom en dit was ’n baie verligte Lichtenburgspan wat net na die doelskop die eindfluitjie hoor blaas het. Lichtenburg se drieë is gedruk deur Henkie Groenewald en Daries Viljoen. Andries Oosthuizen het twee strafdoele oorgeskop. Vir Volkskool het Joel en Giel-Hentie Boshoff gedruk. Adriaan Engelbrecht het albei drieë verdoel. Wesvalia is die o.16-kampioen ná hulle KHS met 13-8 geklop het. Volkskool se o.15-span het KHS 7-3 gewen en Brits is die o.14-kampioen ná ’n 24-12 oorwinning oor Lichtenburg. ) In ’n puik wedstryd wat uitstekende spel gelewer het, het die Hoërskool Schoonspruit met ’n drie in die 30ste minuut van die tweede helfte die oorwinning teen Vryburg verseker in die eindstryd van die Luiperds se mediumskool-afdeling. Die rustydtelling in dié titaniese stryd was 11-10 in Schoonspruit se guns. Vryburg het ’n punt voorsprong in die tweede helfte opgebou ná hul kaptein Attie Burger gaan druk het. Cyril West het met die doelskop sy bydrae na sewe opgeskuif nadat hy ook in die eerste helfte met ’n doelskop en ’n strafdoel geslaag het. In die laaste oomblikke van die wedstryd het Schoonspruit se senter, Jean van Staden, oorgeduik om die eindtelling 21-17 te maak. Schoonspruit se ander punte is deur die kaptein Carel Greeff met ’n drie aangeteken en Xander Cornelius het met drie strafdoele en een doelskop geslaag. Werner Koekemoer het Vryburg se ander drie gedruk. Uitslae: o.16: Vryburg 17, Schweizer Reneke 3. o.15: Schoonspruit 20, Vryburg 0. o.14: Schoonspruit 27, Schweizer Reneke 0.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|