Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rooies klop Middelburg maklik
HTS Middelburg se Rooies het Saterdag die Mpumalanga makroskole-kampioen geword ná hulle die Hoërskool Middelburg met 35-18 in die eindstryd geklop het. HTS was teen rustyd 16-12 voor. Die wedstryd is hoofsaaklik tussen die voorspelers uitgespook en dit het soms rof gegaan: 36 punte is met strafskoppe aangeteken, 18 punte vir elke span. HTS het die enigste drieë van die wedstryd gedruk toe Boeboes Coetzee en Robert Siebert uit agterlynbewegings gedruk het. Neil Janse van Rensburg het die drieë verdoel en met ses strafdoele en ’n skepdoel geslaag. NT Venter het Hoërskool Middelburg se 18 punte met ses strafdoele aangeteken. ) Die Hoërskool Hoogenhout het verras in die eindstryd vir grootskole toe hulle die Hoërskool Standerton met 26-15 geklop het in ’n wedstryd waarin niks wou reg loop vir Standerton nie. Soos in die makro skole se eindstryd het die wedstryd gewemel van strafskoppe en in dié wedstryd is ook 36 punte op dié wyse aangeteken: 21 vir Hoogenhout deur die voet van Fanie Booysen en al 15 Standerton se punte deur die voet van Gary van Aswegen. Die einigste drie van die wedstryd is deur Hoogenhout se senter, Tiaan Moore, gedruk. ) Die Hoërskool Volksrust is vir die vierde agtereenvolgende seisoen die medium skool-kampioen van die Pumas. Hulle het ’n taai stryd teen die Hoërskool Piet Retief met 18-6 gewen. Volksrust het die winderige toestande in die eerste helfte goed benut en hul voorspelers het die oorhand gehad, maar Piet Retief het tot die einde toe teruggeveg. Danie Kleynhans en André Lundt het vir Volksrust gedruk en Gerrit de Jager het een verdoel en twee strafdoele oorgesit. Hein Maree het twee strafdoele vir Piet Retief geskop. Uitslae: o.16: Nelspruit 11, HTS Middelburg 5. o.15: Hoërskool Middelburg 10, Nelspruit 6. o.14: HTS Middelburg 29, Nelspruit 0. o.16: Ermelo 20, Standerton 13. o.15: Ermelo 14, Standerton 7. o.14: Hoogenhout 12, Generaal Hertzog 3. o.16: Volksrust 39, Piet Retief 3. o.14: Piet Retief 28, Lowveld High 7. – Piet de Jager
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|