Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Middelburg verras Monnas
Middelburg het vir een van die groot skokke in die Beeld-trofee gesorg toe hy die sterbelaaide span van die Hoërskool Monument naelskraap met 16-15 uitgeskakel het. Die Middelburgers het sake moeilik vir Monnas gemaak deur soos Trojane te verdedig en het by die afbreekpunte die stryd om die losbal gewen. ’n Gefrustreerde Monnas het ook talle strafskoppe afgestaan en kon net nie uit sy eie gebied uit kom nie. Kort voor rustyd het Monnas se senter, Kabous Jansen van Rensburg, ná ’n breekslag van Jaco Taute gaan druk. Met ’n gemaklike voorsprong van 10-3 het menige ondersteuner van Monnas gemakliker begin asemhaal. ’n Drie deur die vleuel, Adrain Vermeulen, kort ná rustyd het die voorsprong gerek. Die wedstryd het eers in die laaste tien minute kleur gekry toe Middelburg danksy die skopvoet van NT Venter binne trefafstand van Monnas se telling gekom het. Middelburg het in die laaste tien minute gebiedsvoordeel geniet en ook die meeste balbesit gehad. ’n Reeks strafskoppe teen die einde het Middelburg die geleentheid gebied om die een aanval na die ander op die doellyn van Monnas te loods. Die harde werk van die voorspelers is beloon toe die plaasvervanger-skrumskakel, Theuns Duvenhage, ’n drie deurgewurm het. NT Venter het die wenpunte met die doelskop aangeteken. Middelburg se pak voorspelers het reuse-werk voorlangs verrig en veral die lostrio, Johan Oosthuizen, Jacques Verwey en Magnus van Heerden, het in die losspel die pas aangegee.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|