Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lichtenburg klop Hoogenhout net-net
Die Hoërskool Lichtenburg se eerste span was Saterdag baie verlig toe die eindfluitjie blaas in hul kwarteindstryd teen die Hoërskool Hoogenhout van Bethal. Dit was in die afdeling vir groot skole van die Beeld-trofee. Die eindtelling was 12-9 in Lichtenburg se guns. Dit was ’n baie taai wedstryd waar die skopvoet van Lichtenburg se Chris Lewis net nie die kol kon tref nie. Hy het net een van die twee drieë verdoel. Lichtenburg se drieë is gedruk deur Tersius Potgieter en Harry Herbst. Hoogenhout kon nooit Lichtenburg se doellyn oorsteek nie en hul nege punte is met drie strafskoppe deur Jannie Booysen aangeteken. Ander Luiperd-spanne in die afdeling wat gewen het, is Wesvalia se o.16-span wat met 10-0 koning gekraai het oor Ermelo, Volkskool se o.15-span wat Ermelo met 7-0 geklop het en Brits se o.14-span wat Hoogenhout met 10-0 geklop het. – Piet de Jager
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|