Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Bitter geveg tot die einde
    Aug 03 2008 02:23:02:230PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Die stof spat toe Claude Strauss van Schoonspruit sy tweede drie druk in die kwarteindstryd teen Volksrust. Foto: Piet de Jager
    Piet de Jager


    In ’n baie gelykop wedstryd het die eerste rugbyspan van die Hoërskool Volksrust Saterdag deurgedring na die halfeindstryd van die Beeld-trofee vir mediumskole toe hulle die Hoërskool Schoonspruit uitgeskakel het.

    Volksrust het ná 14 minute in die eerste helfte met 12-0 voorgeloop. Schoonspruit het teruggeveg en met rustyd was die telling 12-12.

    In die tweede helfte het Schoonspuit hul neus voorgekry met ’n doel, maar Volksrust het met ’n uitstekende taktiese rolmaalbeweging ná ’n strafskop gaan druk.

    Schoonspruit se Claude Strauss het daarna ook gaan druk. Minute voor die eindfluitjie het Volksrust egter ’n doel aangeteken om die telling 24-24 te maak.

    In ekstra tyd het Volksrust weer die rolmaalbeweging gebruik en Danie Kleynhans het sy tweede drie gedruk, wat Gerrit de Jager verdoel het. Schoonspruit se Wiehan Jacobs het ook gaan druk en weer was die telling gelyk: 31-31.

    Omdat Volksrust eerste punte aangeteken het, is hulle deur na die halfeindronde.

    ) Die Hoërskool Vryburg se eerste span het hom in Grob?lersdal teen die Hoërskool Ben Viljoen vasgeloop en met 12-21 verloor. Die rustydtelling was 13-6 in Ben Viljoen se guns. Danie Viljoen en Danie Schlemmer het vir Ben Viljoen gedruk. Tom Howard het die res van die punte aangeteken. Cyril West het vir Vryburg met vier strafdoele geslaag.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |