Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Helpmekaar wen pragstryd
Die eerste rugbyspanne van die Hoërskool Helpmekaar en die Hoërskool Merensky het vir een van die opwindendste wedstryde van die naweek gesorg. Helpmekaar het met 29-22 gewen. Aan die kant van Merensky het die senter Justin van Staden briljante rugby gespeel. Justin, wat ook die Limpopo Bulle op die Cravenweek verteenwoordig het, was duidelik in ’n klas van sy eie. Justin se goeie spel is met ’n pragdrie beloon. Thys de Wet en Andy Serena het ook vir Merensky gaan druk. Justin het ook met ’n strafsop en twee doelskoppe geslaag om sy span met 22-15 teen rustyd te laat voorloop. Hoewel Merensky soos tiere verdedig het, het Helpmekaar nooit gaan lê nie. Die held van Helpmekaar is sekerlik die loskopstut, Reg Labuschagne. Hy het die drie gaan druk wat aan Helpmekaar ’n oorwinning besorg het. Dis jammer dat daar ’n verloorder in die wedstryd moes wees omdat albei spanne verdien het om te wen. ) In die afdeling vir groot skole het Brandwag Jan Viljoen met 24-21 geklop. Brandwag het eerste punte aangeteken toe Whitey Nel gaan druk het. Jan Viljoen het geantwoord en die voortou geneem en minute later weer toegeslaan en die telling na 14-5 gerek. Danksy ’n drie deur Evin Grobler het Brandwag nadergekruip. Met rustyd was die telling 14-12. Vroeg in die tweede helfte het Jan Viljoen met nog ’n drie hul voorsprong tot 21-12 gerek. Dit het Brandwag tot aksie oorgehaal en binne agt minute het Brandwag 12 punte aangeteken met drieë deur Manie Coetzee en Jacques Erasmus. )In die mediumskole-afdeling het Linden vir Stoffberg met 31-13 geklop. Teen halftyd was die telling 8-3 in Linden se guns. Die keerpunt in die wedstryd was toe die skeidsregter ’n rooi kaart vir een van Stoffberg se spelers gegee het. Hoewel die manne van Stoffberg moedig probeer het, kon hulle nie al die gate toestop nie. )In die afdeling vir klein skole het Alberton High vir Balfour met 18-17 geklop.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|