Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klofies net te sterk vir Rustenburgers
Waterkloof het op hul tuisveld maklik met 32-9 afgereken met ’n moedige Rustenburg. Die tellings vertel nie die ware verhaal van die wedstryd nie. In die eerste 15 minute het Rustenburg se losskakel, Louis Fouché, die spel dikteer en sy span sommer vinnig met 9-0 laat voorloop. Eers nadat Waterkloof se Jean-Claude Roos met sy eerste strafdoel geslaag het, het die spel in Waterkloof se guns geswaai. Senter Pierre Lombaard en flank Walker Naudé het drieë vir Kofies gedruk. Die Klofies het rustyd met 20-9 voorgeloop. Binne die eerste vier minute ná rustyd is Pierre met sy tweede drie beloon en het die heelagter, Jaco Oosthuizen, ook gaan druk. Vir die besoekers het die agsteman, Kallie Strydom, slot Jan Botha, vleuel Colin Cunningham en senters Bernard van der Walt en Janus Jonker die oog gevang. Waterkloof se vleuel Jurgen Lochner het gedurig werk gesoek en die flanke, Lean Schwartz en Walker Naudé, het oral opgeduik. In die lynstane het Gerno Eksteen beïndruk. Waterkloof se o.14A-span het Rustenburg met 53-3 geklop, die o.15A’s was met 41-7 baas teen Rustenburg en die o.16A-span het met 39-0 teen HTS Klerksdorp geseëvier.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|