Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kempies skok Florida
Aug 03 2008 02:22:47:980PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Klipharde verdediging is die rede vir EG Jansen se sukses. Dwayne Jenner en Justin Peyper vat hier vir Abednego Mamushi vas terwyl Juan Bekker net kan toekyk. Foto: Marius Nortje
Hans van Vreden


Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Kempton Park het vir een van die skokke van die Beeld-trofee gesorg toe hy Florida met 25-24 geklop het.

Ná hul flouerige vertoning in die Valke-eindstryd het Kempton Park met hul inklimspel verras.

Kempies het bykans elke geleentheid benut om punte aan te teken. Eers het die losskakel Tiaan Hartman ’n strafdoel oorgeklits, waarna Julian Kotze, die heelagter, gaan druk het.

Elton Jantjies, Florida se losskakel, het man alleen daarvoor gesorg dat sy span weer binne trefafstand kom. Eers het hy ’n drie langs die pale gaan druk en dit verdoel en toe, net voor rustyd, met ’n strafdoel geslaag.

Kempies het egter ná rustyd toegeslaan toe die haker, Willem Steenkamp, die bal van die afskop af bemeester en reg deur Florida gehardloop het om die voorsprong te rek.

Florida het daarna begin terugveg. Eers het die skrumskakel, Roan Kotze, gaan druk, waarna Julian ’n skitterende beweging met ’n drie in die hoek afgerond het. Elton het met altwee doelskoppe geslaag om Florida vir die eerste keer te laat voorloop.

Kempton Park se Kobus Nel, flank, het van die afskop af gaan druk. Tiaan het die doelskop misgeskop, maar die skeidsregter het beslis dat die skop oorgeneem moes word. Dié keer het Tiaan seker gemaak en sy span naelskraap laat wen.

)EG Jansen het op sy tuisveld binne 15 minute voor en ná rustyd sy ondersteuners se harte warm laat klop deur vier drieë in te ryg.

Die blitsige vleuel Ulrich van Schalkwyk, die slot Werner van Niekerk en die senter Morné Stassen (twee keer) het agter die doellyn gaan kuier. Hierna het die Middelburgers die spel begin oorheers en hulle is met twee drieë beloon. Eers het die flank, André Meyer, gaan druk en kort hierna die vleuel, Abednego Mamushi. Die Jansies het met 30-13 gewen.

) HTS Middelburg kon eers drie minute voor die eindfluitjie daarin slaag om die verdediging van Eldoraigne te klop. Eldoraigne het met ’n enkele strafdoel in die eerste helfte die heeltyd die voortou gehad, maar Neels Haasbroek se drie het HTS Middelburg ’n oorwinning van 7-3 besorg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |