Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Linden maak dit twee in ’n ry
Dit was heuningsoet vir die Hoërskool Linden se eerstespan. Dit is ’n uitsonderlike prestasie om die Beeld-trofee vir mediumskole te verower, maar om dit met welslae te verdedig, is nog moeiliker. Linden het dit Saterdag op sy tuisveld vermag toe hy die Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal met 33-12 geklop het. “My senuwees is gedaan, veral omdat ons op ons tuisveld gespeel het,” het Francois Vosloo, Linden se afrigter, gesê. Die teleurstelling was groot vir Ben Viljoen, wat al Donderdag na Johannesburg gereis het. “Ons het ons beste gegee, maar dit was nie goed genoeg nie,” het Henry Ekman, hul afrigter, gesê. Hoewel Linden uiteindelik maklik gewen het, het die damwal eers diep in die tweede helfte gebreek. Die keerpunt was toe Linden met 21-12 voor was en Ben Viljoen byna ’n drie naby die pale gedruk het. Was daar ’n televisieskeidsregter, sou hy dalk gesê het “you may award the try,” maar soos in al Saterdag se eindstryde, is die skeidsregter se beslissing sonder teëstribbeling deur die spelers en toeskouers aanvaar. Linden het onmiddellik daarna ’n teenaanval begin wat deur die kookwater-heelagter, Lodewyk Uys, afgerond is. Lodewyk het soos Frik du Preez toenterjare gelede op Loftus “gedrop” en “gescore”, maar die losskakel en kaptein Ben Verhoef het in sy plek “geplace”. Skryf maar Lodewyk se naam neer, want as hy besluit om aan te hou rugby speel, wag daar ’n blink toekoms op hom. Linden se ander uitblinkers was die senter Lukas Kruger, die loskopstut Bakkies Reyneke en die opwindende regtervleuel, Sipho Mohale. Hy het een skitterlopie ingekry en sy vermoë onder die hoë bal, vaart en hoe hy met sy lyfswaaie sy teenstanders geflous het, kan die agente maar nader laat staan. Aan Ben Viljoen se kant was daar twee ysters, die losskakel, Charles Roberts en die flank en kaptein, Tom Howard. Hier is twee diamante wat deur die groter unies ontgin gaan word. ) In die ander eindstryde het Piet Retief se o.14-span Linden met 12-5 geklop. Die senter Francois Joubert is as speler van die wedstryd aangewys. Die Hoërskool Schoonspruit van Klerksdorp was in die o.15-afdeling aan die brand toe hy Trinity House met 26-14 geklop het. Die flank Jaco van Rensburg was die uitblinker in ’n gebalanseerde span wat goed afgerig is. ) In die o.16-afdeling het Stoffberg van Brakpan en Vryburg die trofee gedeel nadat die eindstryd gelykop (10-10) geëindig het. Puntemakers (1stes): LINDEN 33: Drieë: Lodewyk Uys (3), Petrus Brak. Doelskoppe: Ben Verhoef (2). Strafdoele: Ben (2). Skepdoel: Lodewyk. BEN VILJOEN 12: Strafdoele: Tom Howard (3). Skepdoel: Charles Roberts.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|