Leserfoto's
Kyk na nuus- en ander foto's van ons lesers. Stuur jou foto na mystorie@beeld.com.
Beeld
Matriekuitslae 2008
Beeld publiseer uitslae soos dit van die dept. van onderwys ontvang word.
  • Kliek hier vir die matriekuitslae.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Twee uit twee vir Klofies en Linden
    Aug 17 2008 06:49:32:837PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Retha Grobbelaar


    Opwindende naelbyt-rugby is Saterdag opgedis in die onderskeie eindstryde van die Beeld-trofee.

    In die afdeling vir makro skole het die Hoërskool Waterkloof die trofee die twee agtereenvolgende jaar omhoog gehou, berig Hans van Vreden.

    Die Klofies het Kempton Park met 35-23 op Kempies se tuisveld geklop.

    Waterkloof het ’n goeie dag op die rugbyveld beleef.

    Sy o.15-span het die Hoërskool Monument behoorlik afgeransel en met 41-15 gewen. Dié suksesvolle span het sedert 2007 nog nie ’n wedstryd verloor nie en ses drieë teen Monnas ingeryg.

    Die Hoërskool Nelspruit se o.16-span het die Hoërskool Monument met 5-0 geklop.

    Monnas se o.14-span het HTS Middelburg net-net met 13-12 geklop.

    In die afdeling vir groot skole het die Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen se eerste- en o.15-span die trofee huis toe gevat.

    Dié skool se eerste span het Helpmekaar Kollege met 29-21 in Johannesburg geklop met De Wet Molenaar wat ’n driekuns aan drieë behaal het. Die o.15-span het Potchefstroom Volkskool met 12-10 geklop.

    In die o.16-afdeling het die Hoërskool Pietersburg Roodepoort met 7-5 geklop.

    Helpmekaar se o.14’s het Ben Vorster met 10-7 geklop.

    In die afdeling vir medium skole het die Hoërskool Linden in Johannesburg sy trofee suksesvol verdedig, berig Pieter Kruger. Sy eerste span het die Hoërskool Ben Viljoen van Groblersdal met 33-12 geklop.

    Linden se heelagter, Lodewyk Uys, het drie drieë gedruk en ook met ‘n skepdoel geslaag.

    In die o.16-afdeling het die Hoërskool Stoffberg van Brakpan en Vryburg die trofee gedeel nadat die eindstryd met 10-10 gelykop geëindig het.

    Die Hoërskool Schoonspruit van Klerksdorp het Trinity House met 26-14 geklop.

    Linden se o.14-span het met 12-5 teen Piet Retief verloor.

    Dr. Johan Jurgens van Springs se eerste span het die eerste keer in sy geskiedenis die Beeld-trofee vir klein skole verower - boonop nog in sy 80ste bestaansjaar.

    Dr. Johan Jurgens het Alberton High School in Alberton met 25-18 geklop, berig Sarel van der Walt.

    Alberton High se o.16-span het darem die vreugdevure aan die gang gehou vir die tuisskare.

    Hy het Leeuwenhof Akademie van Bedfordview met 8-3 geklop.

    In die o.15-afdeling het Benoni High School met 5-3 teen die Hoërskool Christiana gewen.

    In die afdeling vir o.14-spanne het Maragon College Leeuwenhof Akademie met 31-10 getroef.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |